Jongste aktiwiteit:

Waarheid dra tog gewig.

So kom vriende en so gaan hulle ook sonder baie redes. Reg in die fleur van hul huwelik droom elkeen vir daardie spesiale lewegewende geskenkie. Soos die jare ook aanskuif bly niks meer in hul plek.
Een aand word ek en my vrou genooi vir ʼn aandete want dit is al laatwinter hier. So al geselsend en vrolik moet ek en my vrou aanhoudend aanhoor hoe ons twee se Liewe Heer Jesus se naam elke keer uit pas ingespan word, wanneer dit goed gaan, asook wanneer dit nie goed gaan nie.
Soos ouers nou maar eenmaal is, word daar net eenkeer gepraat.
“Kom my enigste, dis bed-toe-gaan-tyd.”
“Goeienag almal.” So groet ons hierdie geviktimatiseerde.
Twee minute later is sy terug. “Mammie vir watter een van die twee Jesusse moet ek nou dankie sê?”
Verbaas staar ek en my vrou na mekaar.
“Ag my enigste…”
“Mammie ek hoor tussen elke twee woorde van mammie en pappie se kant?” Sy wil haar kind stilmaak.
Ek beduie aan haar dat sy haar kind ʼn antwoord verskuldig is, maar sy kon nie. Hierdie kind gaan voort:
“Jy weet Mammie en Pappie, ek het die hele tyd geluister na julle gesprek. Hierdie oom en tannie het nooit hierdie naam gebruik nie. Ken hulle dan nie vir Liewe Jesus nie?” So gaan sy en omhels haar ma. Stadig begin haar ma se lyf saggies tril…
Dan vra sy:
“Wat is fout, Mammie?”
“Dit is sommer… ek is lief vir jou.” Meteens oorweldig die emosie haar en begin sy onbeheersd te huil.
“Mammie, hoekom huil Mammie so?”

27 Mei 2016 om 15h15




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak