Jongste aktiwiteit:

Waar jy is

Waar die dag se laaste sonstraal
uitgeput oor die randjie streel
dis waar ek jou gesig gaan haal
as die nag die dag se laaste lig steel.

In die louwarm voue van die berg
koester sy my verlangende blik
lê sy ongestoord en ongeërg
terwyl die nag die dag insluk.

En ek bly hang soos die sekelmaan
my hart by jou, vêr hiervandaan.

©HMellet
16/12/2019




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed