Jongste aktiwiteit:

Liefde omvou

Ek pluk vir jou die son
sodat jy die eerste strale kan vang
pluk uit die blink branders
‘n kopermaan wat jy in elke
donker nag kan hang

Ek stuur vir jou ‘n soen
dis die minste wat ek kan doen
want jy is my ma
wat meer kan ek vra

Dan vra ek Heer
U het my moeder
die woestyn ingevat
lei haar asseblief daardeur
Want U weet
U moet weet

U weet alles
Want ek verstaan dit nie
dan hoor ek hoe sӗ die Liewe Heer
….Jy mag maar aanhou
om vir my te vra




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed