Jongste aktiwiteit:

Land van vlam en vuur

Hoe graag wil ek ryp sade
van jou langgraspluime stroop
om oor jou braaklande te saai;
ek wil myle oor jou dorsgrond loop
en water lei
na al jou droë riviere.

Ek wil wingerdstokke in jou Boland plant,
die lote vir jou snoei,
nuwe loof laat groei.
In die najaar –
soetwyn uit die goue trosse bloei.

En met my twee naakte hande
wil ek elke droogte in jou breek;
vir jou ’n reënwolk uit die bloute vang
en groen smaragde
aan jou verskroeide bome hang.

© Carma Shaw
10 September 2019
6:47




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed