Titel: as ek dagdroom
Deur Marlene Erasmus

as ek dagdroom …
my voete neem die Metro na St. Michel Notre Dame
ek verloor myself in die toorwêreld van Parys
hier is alles so perfek en prentjiemooi – ʼn mooi
waarin jy jouself weer en weer kan verloor
ek maak die Notre Dame katedraal my eerste stop
die kerk met sy gotiese styl vorm hier die spil
waarom honderde kleine kafees hul brood verdien
met stadige voetval verken ek elke klein stalletjie
neffens die Notre Dame is die bekende Berthillon Glacier
hier vind ek myself in die geure van Italiaanse roomys
stadig en met opset verken ek die wêreld verder
oor aantal brûe wat wydsbeen staan oor die Seine-rivier
my voete vind die weg na ʼn klein boekwinkel
my persoonlike gunsteling – trappe met die boodskap
‘I wish I could show you, when you are lonely or in
darkness, the astonishing light of your own being’
ek sug sag en gelukkig en meteens tref die wete my:
mag ek ook skyn in die lig van my eie ongelooflike self …
©Marlene Erasmus
26/03/2019
*Internet foto