Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Groen ewigheid

Deur Palet
Datum gepubliseer: 6 April 2017 Aantal woorde: 78 100 Kere gelees 3

Teen klipperige bulte
skreeu die stilte
net ek en jy
en die berge

Ek kyk na jou
en jy na my
jou warm glimlag
skyn sag deur die groen
van die blare

Deur gate van gister
oor strande van ons mǒres
dan in die bloue hemele
vlieg saam ons mooiste drome

Ek kyk uit oor die groen vallei
voel hoe jou hand sag
aan myne raak
en ek voel hoe my hart wegkrul
in hierdie groen ewigheid




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Elroux

      April 6, 2017

      Baie mooi

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 216
    Kommentaar telling: 297

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 108 gaste aanlyn

    Bydrae Totale