Titel: 3de Skryfkompetisie – Ink.org.za (1 Julie 2017 tot 10 Oktober 2017)
Deur Anze
Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Hierdie kompetisie het die grootste pryse wat ons nog ooit op INK aangebied het! Die wenners sal op die gala-aand 4 November 2017 (hAp huis in Pretoria) aangekondig word en ook hulle pryse van die borge ontvang
Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en MOET ‘n geregistreerde en betalende lid wees om te kan deelneem.
Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke GEEN redigeer werk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.
Lede wat inskryf het moet asseblief daarop let dat die skryfkompetisie niks met die trofeewenners van die jaar te doen het nie. In die kompetisies wat op INK geloods word besluit die borge (op julle finale en volledige produk) wie die wenners is.
Daar is ‘n eerste plek in die gedigte ASOOK ‘n eerste plek in die verhale en dit is nie waar die goeie nuus ophou nie … ons het ook ‘n 2de prys vir die digters en een vir die skrywers EN dan ook ‘n kontantprys vir die 3de plek in elke afdeling (dig en skryf) van R1 500.
1. Ingeskrewe lede van INK kan deelneem aan die beplande kompetisie in 2 afdelings nl boeke en digbundels wat in 2017 geloods word.
2. Die inskrywings word deur INK geadministreer en die 10 bestes in elke afdeling deur die INK moderators gekies en aan die borge voorgelê vir beslissing. Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie en die beslissing is finaal.
Eerste prys borg (gedigte & verhale) Groep 7 drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd
a. ontvang 10 gekeurde manuskripte wat reeds taalkundig versorg is sowel as die inligting vir die buiteblad (lokteks, foto/skets/foto skrywer of digter).
b. doen bladuitleg en buitebladontwerp vir al 10 (as hule prys vir Top 10)
c. kies 1 wenner uit die 10 finaliste vir elke afdeling en wenners ontvang bykomend:
i. Registrasie van ISBN.
ii. 50 gedrukte boeke elk.
iii. Beskikbaarstelling op Groep 7 se aanlyn boekwinkel of E-boek, volgens die normale kostes en prosedure.
Indien die 9 ander in die top 10, wel hulle boeke wil laat druk, is die professionele voorbereiding reeds gedoen deur Groep 7 en hulle betaal net vir die drukkostes.
Hierdeur wil Groep 7 poog om die standaard van self-uitgewery te verhoog sodat dit in lyn is met die tradisionele uitgewers en boeke in die handel.
2de prys borg (gedigte & verhale): SA Vryskutskrywer
1. Die tweede pryswenner in die kortverhaalkategorie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – LAAT JOU KARAKTERS LEEF.
2. Die tweede pryswenner in die digkunskompetisie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – SKRYF JOU GEDIG.
Albei kursusse word deur SA Vryskutskrywer geborg.
Dit sluit in kursusmateriaal sowel as afstandonderrig en ‘n Sertifikaat van Voltooiing, mits die kursus bevredigend afgehandel en die vereiste slaagsyfer behaal word.
Derde prys borg (gedigte & verhale) ’n kontantprys van R1 500 deur die INK moderator geborg vir die verhale en gedigte afdeling
Mag elke lid op INK hierdie goue leentheid aangryp en inskryf!
Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Anzé
Vonnie
Anza, die skryfkompetisie klink baie belowend. Net ‘n vragie. . . Met ander woorde die boeke en digbundels sal aan die einde van die kompetisie as inhoud gedigte, sketse of kortverhale of ‘n volledige verhaal bevat? Gedigte en verhale sal dus aan die orde van die dag wees?
Nie byvoorbeeld ‘n bundel rubrieke of bundel indiepte artikels of so nie? Met ander woorde, hierdie kompetisie dek nie basies al die afdelings van Ink nie?
En dan ook: Mag ons van ons bestaande werke gebruik?
Abbie
Anze, is daar ‘n beperking op hoeveel mense mag inskryf en wat is die perk op aantal bladsye per bundel, asseblief?
Anze
Elsabe, lede kan soveel inskrywings soos hulle voor kans sien inskryf maw jy mag n digbundel en n verhaal inskryf asook n kortverhaal/rubriek bundel. Solank daar by die reels gehou word van 120 bladsye en julle die sperdatum haal. Lede kan tot 3 plasings per dag op INK doen wat genoeg tyd laat om die kompetisie te voltooi
neels
Anze kan ek n verhaal wat al op Ink geplaas is maar nog nooit gepubliseer is nie ook inskryf
Roeline
Hoeveel gedigte moet jy inskryf?
Anze
afhangende van die lengte van jou gedig so tussen 80 en 100 gedigte
Roeline
Baie dankie.