Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ZELDA HOOFSTUK 1

Deur neels
Datum gepubliseer: 7 Mei 2016 Aantal woorde: 1535 1044 Kere gelees 8

HOOFSTUK 1

Ingedagte sit Zelda de la Rocha na die advertensie in die plaaslike koerant en kyk wat netjies opgevou in die kamer in die gastehuis op Vaalbos, waar sy vannag gaan oornag, gelê het: “Ervare inwonende dame benodig in African Art and Culture. Sy moet n administratiewe agtergrond asook n kennis van antieke meubels en Afrika kuns hê”.

Oorspronklik was Zelda van plan om deur te druk Sandton toe waar sy more vir n werks onderhoud moet gaan maar om een of ander rede, wat sy self nie kan verklaar nie, besluit om die hoofweg te verlaat en toe sy hier by Vaalbos kom het sy besluit om hier te oornag omdat sy nie lus is om Sandton in die donker te gaan rondval vir slaapplek nie.

Met haar aankoms is sy moederlik deur die eienares self, wat haarself voorgestel het as Annatjie ontvang. Gesette ouerige dame maar die vriendelikheid vanself.

Zelda is n 26jarige swartkop met swart hare wat altyd op haar skouers neertuimel wat haar groot donker oë komplimenteer. Vol ferm figuur met so n effense wiegstappie en altyd n blom in die hare. Sy is besonder gesteld op netjies aantrek ten alle tye.

Sy het as weeskind groot geword en het die matrone in die weeshuis haar altyd vertel dat sy een oggend op die trappe van die weeshuis gevind is toe sy n week oud was. In die mandjie was n kaartjie met haar naam en geboortedatum daarop. Alle poging om haar ouers op te spoor was vrugteloos, hulle het net verdwyn.

Al rekords wat by die hospitaal was was dat haar ma opgeneem is as Sharon de la Rocha vir die bevalling en haar pa se naam was aangeteken as Manuel de la Rocha, verder was daar geen spoor na Sharon se ontslag uit die kraaminrigting uit nie.

Dit het n groot invloed op haar kindergemoed gehad toe sy begin skool gaan het. Sy het haarself baie nagte stil in haar kussing aan die slaap gehuil maar toe sy groter geword het het sy begin om vir haarself doelstellings in die lewe te stel.

Die twee belangrikstes daarvan was om eendag uit te styg in die lewe maar ook om n kind van haar eie te hê wat sy die ouerliefde kan gee wat sy as kind nie gehad het nie.

Tydens haar matriekjaar het sy haar voete deurgeloop op soek na werk maar die verslete weeshuis klere het soos n seer duim uitgestaan. Sy het naderhand by Barend Vosloo in sy antieke meubelwinkel begin werk waar sy in agt jaar verder in haar eie tyd studeer het en Barend haar alles van antieke meubels geleer het.

Barend was n wewenaar en is sy enigste dogter, Amelia, wat hom nog in die winkel gehelp het, getroud en het sy en haar man Rustenburg toe getrek net voordat Zelda die werk gekry het.

Zelda het by Barend ingewoon en was sy dus sy huishoudster ook. Aangesien Barend alreeds n bejaarde man was het sy geweet dat een of ander tyd Barend nie meer sal kan aangaan nie. Vir haar was dit egter die eerste tree in die lewe wat sy bitter nodig gehad het.

Sowat ses maande terug het Barend sy eerste hartaanval gehad het en na die tweede hartaanval het Zelda besef dat Barend nie meer kan nie. Sy het Amelia geskakel en het hulle almal saam besluit dat dit die einde van die pad is. Daar is n finale veiling gehou en het Barend se antieke winkel se deure gesluit en is hy saam met Amelia weg om by hulle te gaan woon.

In die agt jaar was Barend die vaderfiguur vir Zelda wat sy nooit gehad het nie. Hy was ook haar mentor en haar leermeester en was dit vir haar n bitter hartseer afskeid toe die deure finaal toegemaak het en sy van Barend afskeid geneem het. Barend het egter sy Polo en n aansienlike kontant bedrag aan Zelda geskenk.

Sy het haar CV na n paar plekke aan die Rand gestuur en is sy eintlik oppad vir n onderhoud met n antieke winkel in Sandton wat belang stel in haar dienste. Voor aandete het sy na haar kamer toe gekom en het sy uit verveligheid deur die koerantjie begin blaai en toe op die advertensie afgekom. Nadat sy nog n slag na die advertensie gekyk het besluit sy om more eerste ding by “African Art en Culture” te gaan navraag doen, dit is dalk die antwoord op haar gebede want sy is nie regtig lus vir die stadslewe nie en sy voel sy het die vereiste kwalifikasie. Inwoon is nie vir haar n probleem nie, sy het immers tog by Barend ook ingewoon al die tyd wat sy daar gewerk het.

Zelda vou die koerant op en besluit om eetkamer toe te gaan vir aand ete. Sy kan voel die dag het haar uitgeput en wil sy na ete gou gaan stort en in die bed klim, n nag se slaap kan haar net goed doen.

Die gastehuis is redelik leeg vanaand en is dit min mense in die eetkamer wat aand ete wil geniet. Annatjie bring self haar aandete in nadat sy Zelda haar plek aangewys het. Dit is n heerlike egte boerekos aandete en kom sit die dame by haar om bietjie met haar te gesels.

Zelda besluit om bietjie uit te vra oor “African Art and Culture’ en vra dadelik vir dieAnnatjie: “Ek sien daar in die koerantjie dat “African Art and Culture” adverteer n vakature vir n dame. Kan mevrou my meer vertel van die plek. Ek stel nogal belang want op die oomblik soek ek werk want die plek waar ek gewerk het het nou toe gemaak”.

Annatjie laat nie op haar wag nie en begin vertel terwyl Zelda eet: “Paul Marais se plek. Hy het die plek twee jaar terug gekoop as n antieke meubel winkel. Hy het egter in hierdie twee jaar baie uitgebrei en begin om ander items soos sy wildfotos wat hy vergroot, koperwerke, egte Afrika kuns werke en nog baie meer aan te hou en te verkoop. Naweke is sy besige tyd wanneer die ryk Gautengers hier op ons toesak. Baie het naweekhuise hier en daar is baie toeriste ook wat hier kom besoek aflê”.

Zelda se nuuskierigheid is nou erg geprikkel en vra sy: “Vertel my meer van Paul Marais”.

Weer laat Annatjie nie op haar wag nie: “Hy is n dertigjarige oujong kêrel, mooi groot man met sy gitswart hare. Voordat hy die plek gekoop het was hy n wild fotograaf wat sy lewe uit wild en natuur fotos gemaak het. Ek ken hom redelik goed want voordat hy die plek gekoop het het hy baie hier kom oornag en nou nog kom kuier hy dikwels hier by my. Jy sal lekker saam met hom werk”.

Zelda skiet haar volgende vraag: “Ek sien hy soek iemand wat wil inwoon. Ek het agt jaar by my vorige werkgewer, n ou man, ingewoon. Waar bly hy”.

Annetjie glimlag voordat sy Zelda antwoord. Dat so n pragtige meisie by n oujongkêrel moet begin inwoon sal darem hierdie plek iets gee om oor te skinder maar dit kan ek jou sê, die vrou wat hom kry is voorwaar n gelukkige vrou”

Zelda bloos bloedrooi en Annetjie vertel verder:“Hy het n meenthuis agter die winkel wat op dieselfde erf is, pragtige plek wat hy daar ingerig het”.
Zelda eet klaar, skuif die bord terug en bedank die gasvrou vir haar heerlike ete: “Ek is bietjie moeg vanaand. Ek gaan nou stort en dan maar inkruip. Ek moet vroeg roer more. Dankie vir die heerlike ete”.

Annatjie wens haar n goeienag toe en herinner haar: “Ontbyt word van sesuur af bedien”.

Zelda is vroeg in die bed nadat sy gestort het en raak feitlik dadelik aan die slaap om vroeg oggend vir die eerste keer wakker te word. Sy is dadelik uit die bed uit, maak vir haar koffie en spring sy gou onder die stort in nadat sy haar koffie weggesluk het.

Uit die stort uit kies sy haar kleredrag vir die dag sorgvuldig want sy wil n goeie indruk op Paul Marais maak. Die gedagte is om agt uur by hom in te stap, net nadat hy oopgemaak het. Sy besluit op n donkerblou kantoorpakkie, kniehoogte romp met baadjie daarby. Haar bloes is n spierwit bloes met n effense lae hals.
Klaar aangetrek grimeer sy liggies en sit n spierwit kunsroos in haar hare.

Sewe uur sit sy aan vir ontbyt en hou Annatjie haar weer geselskap. Net daarna teken sy uit want as sy nie regkom by “African Art and Culture” nie is sy in die pad Sandton toe.

Annatjie groet haar: “Zelda ek hou baie van jou en ek hoop jy kom reg hier by Paul. Wil jou n geheim vertel, ek dink hy soek eintlik n maatjie om die lewe saam met hom te deel”.

Zelda bloos bloedrooi, waai en klim in haar Polo om te vertrek, gelukkig kan niemad sien hoe haar hart wild in haar klop nie en begin sy drome droom oor die moontlikheid van meer as net n werks verhouding wat tussen haar en Paul Marais kan ontwikkel.




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Evelyn van der Merwe

    8 Mei 2016

    Hoop eerste indrukke is blywende indrukke. Lekker gelees.

    • neels

      8 Mei 2016

      Evelyn hierdie verhaal het op Woes ook verskyn. Ek moes dit egter heeltemal herskryf om in te pas by die 120 bldsye beperking

  2. Arnold

    9 Mei 2016

    So weet niemand wat daar in die toekoms vir ‘n mens wag nie, glo daar’s iets opwindens vir haar.

  3. neels

    9 Mei 2016

    Dankie Arnold waardeer altyd

  4. Ronel Janse van Vuuren

    23 Mei 2016

    Lekker gelees. Hier kom ‘n ding…

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydrae Totale