Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ZELDA HFSTK 8

Deur neels
Datum gepubliseer: 29 Mei 2016 Aantal woorde: 1367 881 Kere gelees 7

Die kroon op Zelda se geluk is n epos van Rosa af in antwoord op n epos wat sy gestuur het en Rosa die groot nuus meegedeel het asook haar versoek dat Rosa strooimeisie moet wees en haar pa haar die kerk inbring.

Rosa antwoord dat sy met Manuel gepraat het en dat hulle beslis Suid-Afrika toe gaan kom vir Zelda se troue. Manuel sê dit sal vir hom n eer wees om sy dogter die kerk in te bring en sy sal met liefde Zelda se strooimeisie wees en sluit sy af: “My ma, Maria is bietjie moeilik oor die aangeleentheid maar los haar maar vir my. Ek sal haar wel bearbei in die drie maande tot jou troue.

Zelda nog n punt is oupa De la Rocha. Hy is al vyf en sewentig jaar oud maar glo my nog so helder en skerp as wat jy wil hê. Mag ek vir oupa ook uitnooi om te kom? Ek dink in sy hart voel hy jammer oor wat destyds gebeur het in wil hy in n mate vergoed vir die onreg wat jou aangedoen is. As hy kan saamkom sal ons maar met ons privaat straler kom want ek wil hom nie aan al die geroesmoes van n gewone lughawe onderwerp nie. Laat weet my asseblief dadelik of dit reg met jou is sodat ek die nodige reeling kan tref want dit is n groot storie. Landingsregte moet langs die pad gereël word om brandstof in te neem en ons moet landingsregte op Lanseria reël en ek moet n motor reël. Ek weet jy gaan baie besig wees maar as dit moontlik is wil ons graag n paar dae voor die tyd kom dat ons mekaar kan leer ken en kan ek dalk help met finale reëlings vir jou troue”.

Dit is n opgewonde Zelda wat vir Paul die e pos wys: “Paul die hele familie is oppad vir ons troue. Weet net nie waar gaan ons vir almal slaapplek kry nie. Sal met Annatjie moet reël vir daardie paar dae en Rosa kan hier by ons tuis gaan want ek glo ons het baie gesels om op te maak”.

Zelda frons n paar oomblikke en dan kom dit; “Ou grote ek gaan jou by die huis uitskop daardie paar dae. Jy sal ook maar in die gastehuis moet gaan bly”.

“Sjoe Paul ons moet jou ouers skakel en hulle vertel dat ons gaan trou en ons moet vanaand vir ma Sharon ook gaan vertel”, babbel Zelda sonder ophou.

Die spreekwoord sê dat as jou geluk op sy hoogste is is die teleurstelling voor die deur.

Dit is n week later wat Zelda se selfoon die aand lui. Toe sy antwoord kom Paul dadelik agter dat daar fout is. Die gesprek is kort en sien hy die trane in haar oë opwel. Hy hoor net sy sê dankie en hulle moet haar laat weet wanneer die begrafnis is.

Toe sy doodruk kyk sy vir Paul met trane wat teen haar wange afloop: “Paul, Amelia het my gebel. Barend is n uur terug oorlede na n massiewe hartaanval. Paul ek sal graag na sy begrafnis toe wil gaan. Hy was vir my n pa, n leermeester en n mentor vir agt jaar”.

Dan bars die emosies in Zelda en gaan sy bittrlik aan die huil. Paul probeer troos maar sy lê net met haar kop op sy bors en huil tot sy tot bedaring kom en fluister: “Weet jy Paul ek wou nog een naweek af gevra het om vir hulle te gaan kuier maar nou is dit te laat. Barend is nie meer daar nie”.

“ Dit is reg Zelda, jy kan gaan op een voorwaarde. Jy slaap die aand daar oor en kom die volgende dag terug. Ek wil nie dat jy so ver ry en jou gemoedstoestand is nie reg nie. Ek glo dit sal vir jou n moeilike dag wees”.

Zelda ry die middag voor Barend se begrafnis op Paul se aandrang. Sy kom eers die dag na Barend se begrafnis terug want sy moet die oggend na die begrafnis by die prokureur wees vir die lees van Barend se testament.

Dit is n blye weersiens toe haar Polo die middag laat voor die winkel stop. Toe sy die kantoor binnekom is hulle in mekaar se arms: “Ek het jou baie gemis Blommetjie”,fluister Paul in haar oor terwyl hy Zelda styf teen hom hou.

“En ek vir jou en ek het baie nuus om jou te vertel en ek het vir jou n brief van Barend saam gebring wat ek vir jou moet gee. Amelia sê hy het die brief vir jou geskryf net nadat hy verneem het ons gaan trou”.

Sy maak haar handsak oop en oorhandig die brief aan Paul terwyl sy voor die lessenaar gaan sit.
Paul maak die koevert oop en haal die brief uit. Nadat hy dit oopgevou het begin hy dit lees.

“Beste Paul,

Ek is so bly om te verneem dat Zelda geluk gevind het. Sy het my altyd na aan die hart gelê vandat sy my winkel die eerste keer ingestap het en sy by my begin werk het. Agt jaar het sy vir my gesorg en het sy soos n eie dogter vir my geword.

In hierdie agt jaar het ek haar leer ken as n lojale mens. Soos sy lojaal teenoor my was is ek seker dat sy lojaal teenoor jou sal wees.

Paul ek was baie bekommerd oor haar want sy kan so weerloos wees maar nou weet ek sy is in goeie hande. Sorg mooi vir haar Paul, sy het baie liefde en aandag nodig wat sy in die weeshuis nie gehad het nie.

My trougeskenk aan julle is n bietjie geld wat ek vir Zelda nalaat. Ek wil dat sy n vennootskap by jou inkoop dat sy werklik deel van julle plek kan word. Mag julle baie gelukkig saam wees Paul en my beste wense vir julle vir n wonderlike toekoms

Barend Vosloo

Paul laat sak die brief en kyk vir Zelda: “Blommetjie niks sal my groter plesier verskaf as om jou as vennoot in ons besigheid in te neem nie”.

Zelda vat Paul se gesig tussen haae hande en kyk hom diep in die oë: “Paul ek het toevallig nou die dag gekyk hoe groot is die verband op “African Art and Culture”. Ek wil n paar rand bysit en dan kan ons die verband aflos. Dan het ons nie meer die maandelikse paaiement om te betaal nie en ons spaar boonop die rente wat ons elke maand betaal. Die prokureur reken dit sal so n maand vat vir die geld om uitbetaal te word en dan los ons hierdie verband af”.

Die liefkosings tussen hulle die aand is baie intenser as ooit te vore en draai hulle by die punt om van te ver gaan maar Zelda is die een wat keer toe sy wegbreek uit hulle omhelsing waar hulle op die mat lê en musiek luister: “Kom ons gaan slaap Paul voordat ek beheer oor myself verloor”.

Die volgende dag is daar n veiling en toe Paul lank voor die tyd aankondig dat hy veiling kyk Zelda hom nadenkend aan: “Ou grote is dit nie bietjie vroeg vir die veiling nie”.

Paul mompel n flou verskoning wat sy nie kan hoor nie en is by die deur uit in sy bakkie in. sy eerste stop is by Riaan se juwelierswinkel en na n heftige gestryery en n goeie afslag koop hy n verloofring. Trouring kan hulle later saam kom uitsoek.

Paul se besoek aan Riaan gaan egter nie ongesiens verby nie. Toe hy terugkom by die winkel wag Zelda hom hand in die sye in.

“En toe meneer. Ek kry n oproep van n meisie wat by die juwelier werk wat my geluk wens met my vangs, dit is nou jy. Toe ek op jou bankrekening ingaan sal ek sien dat daar n hele vyf duisend rand van eienaar verwissel het”.

Paul bloos bloedrooi: “Ons moet darem seker een of ander tyd verloof raak blommetjie, en nee ek gaan nie die ring nou vir jou wys nie. Jy kan wag tot vanaand”.




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Anze

    30 Mei 2016

    ag die liefde bly maar mooi.. heerlik gelees Neels

  2. Evelyn van der Merwe

    30 Mei 2016

    Wie gee dan nou om hoeveel dit kos, solank hulle gelukkig is……….

  3. Ronel Janse van Vuuren

    13 Junie 2016

    I.p.v. om te vertel wat in die brief was, skryf die brief. Dan wys was Zelda voel. Die hele deel van al die reëlings wat getref moet word t.o.v. die privaat straler is onnodig. In een sin kan sy oordra dat dit ‘n groot storie is en dat Zelda so go as moontlik moet antwoord.
    “voorwaarde. Jy” voorwaarde: jy (die dubbelpunt dui aan dat die voorwaarde gaan volg).
    Het hulle nie net in ‘n vorige hoofstuk verloof geraak nie? Ek verstaan dat daar nog nie ‘n ring was nie, maar hoekom die skielike geheimsinnigheid van Paul?

  4. neels

    13 Junie 2016

    Dankie vir jou kommentaar ronel so leer mens

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale