Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ZELDA HFSTK 5

Deur neels
Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 Aantal woorde: 1812 827 Kere gelees 4

Toe hulle na ete oudergewoonte by die kroeg toonbank gaan sit om hulle koffie te drink haal Zelda die onderwerp dadelik weer aan: “Paul, gisteraand toe jy gevra het of ons nie my ouers moet probeer opspoor nie het ek al lont geruik. Wie is die vrou wat julle dink is my ma. Ek wil nou weet Paul en moet eers probeer om vir my te lieg nie. Moet nooit in jou lewe vir my probeer lieg of iets wegsteek nie want as ek jou uitvang is dit verby tussen ons”.

Paul weet nie mooi hoe om die situasie te hanteer nie en kyk Zelda diep in haar donker oë. Hy word koud toe hy sien dat die altyd laggende dansende duiweltjies weg is. In hulle plek is daar n doodsheid wat hom benoud maak. Haar sagte aanloklike mond het n harde trek en weet Paul, dit is nou maak of breek.

“Zelda ons vermoed dat Sharon Verwey hier oorkant die pad by Andries jou ma is”.

Zelda sit haar koppie neer en vra gevaarlik sag: “Ek dink jy moet my liewer alles vertel Paul en niks probeer wegsteek nie”.

Paul begin vertel hoe hy die trekke van ooreenkoms tussen hulle begin waarneem het. Hy vertel wat sy pa hom vertel het en van wat Marinda uitgevind het. Toe hy klaar vertel het voel hy of daar n berg van sy skouers af is. Nou moet hy wag vir die maak of breek wat Zelda nou in haar hande het.

Zelda swyg n hele ruk voordat sy antwoord: “Paul as dit die waarheid is beten dit dat sy al hierdie jare hier weggekruip het. Sy het nooit n poging aangewend om my te kontak nie of om my te probeer terug kry om my te versorg nie. Ek het lus en stap nou hier oor en wurg die waarheid uit haar uit. Sy het baie om te verduidelik en ek wil weet waarom sy my soos n ou vrot skoen weggegooi het”.

Paul staan op en stap om die kroegtoonbank. Hy druk Zelda teen hom vas: “Stadig nou Zelda. Laat Marinda net eers probeer om die waarheid uit haar te kry en dan kan julle hierdie dinge uitstryk”.

Zelda breek weg uit Paul se vashou uit en begin aanstap kamer toe. In die deur steek sy vas, draai om en kyk vir Paul: “Ek gaan nou slaap, nag Paul. More moet hierdie ding oopgevlek word of Marinda nou die waarheid uit haar kry of nie”.

Paul het nie n antwoord nie en gaan maar ook kamer toe. Hy gaan klim maar in die bed en lê lank wakker. Hy kan hoor dat Zelda ook rusteloos is in die kamer langsaan maar hy waag dit nie om na haar toe te gaan nie, sy moet die ding met haarself uitbaklei en dalk is sy hopelik more weer haar ou self.

Paul maak egter n groot fout. Zelda groet hom skaars toe sy uit haar kamer uitkom, maak vir hulle ontbyt en stap hulle werk toe, elkeen op sy eie in plaas van hande vashou soos altyd. Die dag is die atmosfeer tussen hulle dat jy dit met n mes kan sny.

Marinda kom vertel hulle so teen amper vyf uur dat sy niks uit Sharon uitkry nie en dit is toe wat Zelda sê: “Ek is net na vyfuur by haar in haar woonstel. Ek wil die waarheid weet en vandag nog gaan ek dit uit haar uitwurg as dit moet”.

Vyf uur toe hulle sluit se Zelda net: “Kom Marais vanaand is die aand wat ons agter die waarheid gaan kom en sy moet nie eers probeer lieg nie”.
Toe Paul aan haar woonsteldeur klop maak sy die deur oop. Toe sy hulle sien probeer sy die deur in hulle gesigte toestoot maar Paul is te vinnig vir haar. Voor sy die deur kan toestoot het hy sy voet voorgesit om te keer dat die deur kan toegestoot word.

“Sharon hier is iets wat ons moet uitklaar. As jy ons nie ontvang dat ons hierdie ding kan uitklaar nie roep ek die polisie in om die ondersoek na jou verdwyning na Zelda se geboorte te heropen’ sê Paul vir haar.

Dit is vir hom of Sharon doodsbleek word en maak sy die deur oop dat hulle kan inkom.

Die ou sitkamertjie is piepklein en die mure is kaal. Net n rusbank en twee stoele met n televisiestel op n tafeltjie. Saam met haar beeld van n vormloese rok en die hare in n bolla skep dit die ideale prentjie van n verstokte oujongnooi wat kwaad is vir die lewe.

Zelda val onmiddelik aan: “Sharon, jy het gehoor wat sê Paul. Die waarheid of ek gaan polisie toe en maak n saak teen jou. Ek sal vra dat hulle my help om D.N.A. toetse op ons albei te doen en soos jy weet daardie toetse lieg nie”.

Sharon druk haar kop tussen haar hande in en dan begin sy praat: “Al die jare leef ek in vrees en spanning vir hierdie dag. Ek het geweet dit gaan gebeur en nou het daardie dag aangebreek. Toe ek gehoor het dat jy by Paul begin werk het het ek geweet dit is nou net n kwessie van tyd voordat iemand gaan uitvind ek is jou ma”.

Sharon tel haar kop op en kyk Zelda in die oë: Ja Zelda ek is jou ma en ek sal jou die waarheid vertel en dan moet jy maar doen wat jy wil”.

“Ek het op n plaas groot geword en na skool in die winkel op Arlinton gaan werk. Daar het ek jou pa, Manuel de la Rocha ontmoet. Hy was betrokke by die elektrifikasie van die spoorlyn. Met sy gitswart hare en Clark Gable snorretjie het hy dadelik sy voete onder my uitgeslaan en het ons in n verhouding beland.

My ouers wou niks van hom weet nie omdat hy heelwat ouer as ek was en omdat hy n uitlander was. Wat veral vir hulle onaanvaarbaar was was die feit dat hy n Rooms-Katoliek was”.

Sharon laat haar kop weer sak en vertel verder: “Ek het swanger geraak by hom en het my ouers my van die plaas af weg gejaag. Ek het by hom gaan bly en na jou geboorte het hy net oornag verdwyn. Al wat hy vir my nagelaat het was n brief. In hierdie brief het hy vir my geskryf dat hy getroud is met n vrou in Spanje. Hy het haar probeer skei maar hulle erken nie egskeidings nie en dat hy opdrag gekry het om onmiddelik terug te keer Spanje toe of die nodige sal gedoen word om sy huwelik te beskerm”.

Sharon gaan aan die huil en neem dit n rukkie voordat sy tot bedaring kom en verder vertel: “Ek het nie geweet wat om te doen nie en het ek gedink dat jy die beste versorging in die weeshuis sal kry. Ek het jou daar op die stoep gaan neersit en gevlug. Langs die pad het die winkel se vorige eienaar my opgetel en het ek hier beland waar ek al die jare wegkruip en hierdie dag met vrees en bewing afgewag het”.

Zelda staan op en gaan staan hande in die sye voor Sharon: “Al hierdie jare het jy gweet waar jy my gelos het en het jy nooit n poging aangewend om my te kontak of my te kom haal dat ek by my ma kan wees en sy my kan groot maak nie. Alleen moes ek deur die lewe baklei en nagte omhuil omdat ek weg gegooi is. Hoekom het jy nie n plan gemaak om my te kom haal toe jy gevestig is nie”.

Sharon skud haar kop: “Ek was bang Zelda. Jy moet onthou dat daar gesoek was na my en dat ek kon aangekla word vir kinder mishandeling en kon tronk toe gaan. Later was ek bang dat ek die wêreld wat ek vir myself hier opgebou het sal vernietig en het ek hier bly wegkruip”.

Zelda draai om en kyk vir Paul: “Kom Paul dat ons loop. Hierdie vrou moet net weet dat ek haar haat soos gif. Haar hel sal nou daaruit bestaan dat sy met die wete moet saamleef dat die dogter wat sy weg gegooi het in die lewe net hier oorkant haar sit”.

By die huis gekom gaan Zelda reguit kamer toe. Paul moet maar vir homself iets te ete maak en gaan ook maar later kamer toe sonder om Zelda te sien.

In haar kamer trek Zelda haar dagboek nader en begin skryf: “Liewe dagboek. Dit is nou al n paar dae wat ek agterkom hier is fout en vanaand het al my drome aan skerwe gespat.

Dagboek toe ek hier by Paul begin het het ek begin drome droom van n liefde tussen ons wat tot n huwelik kan lei en kinders by hom hê wat ek die liefde kan gee wat ek nooit gehad het nie maar daardie droom is nou verpletter.

Dagboek Paul het iets begin vermoed en begin krap. Hy het ontdek dat die vrou wat my weg gegooi het en my ma is net oorkant die straat onder ons neuse sit, Sharon Verwey wat by Andries Vermeulen werk.

Ek het haar gaan konfontreer en sy het alles erken. Sy het my vertel hoe my pa haar saam met my weg gegooi het om terug te keer Spanje toe na sy vrou wat hy daar het. Haar verskoning dat sy my op die weeshuis se stoep gelaat het omdat sy my nie kon versorg nie is vir my n flou verskoning soos die een dat sy my nooit kom opsoek het nie omdat sy bang was. Ek haat haar vir dit wat sy aan my gedoen het.

Dagboek ek kan nie hier bly onder hierdie omstandighede nie. Ek sal moet padgee hier. Ek gaan more my CV uitstuur en sodra ek ander werk gekry het gee ek pad. Ek weet ek gaan my eie en Paul se harte breek maar dit kan nie anders nie. Ek kan nie die res van my lewe hier in haat saam met die vrou oorkan die straat lewe nie. Hierdie besigheid het Paul opgebou en ek kan nie van hom verwag om alles hier te los en saam met my pad te gee om weg te kom van hierdie vrou af nie”.

Nadat Zelda in die bed geklim het bly haar gedagtes met haar stoei. Sy begin haarself vra hoe ander dalk in die omstandighede sou opgetree het.

Dan fluister die stemmetjie vir haar: “al vlug jy waarheen gaan jy die haat saam met jou dra om jou elke dag soos n verterende kanker te vreet. Kom oor die skok van hierdie ontdekking en gaan maak vrede met haar en vergewe haar. Daarsonder kan jy nie n lewe begin nie al vlug jy waarheen”.




TEMAS
7 Kommentaar
  1. Arnold

    20 Mei 2016

    Op die vlug slaan was nog nooit ‘n antwoord gewees nie, hoop sy vind rus vir haar siel.

  2. Kiekies

    23 Mei 2016

    Ek kry vir Sharon vreeslik jammer!

  3. Ronel Janse van Vuuren

    6 Junie 2016

    “Ek gaan nou slaap, nag Paul.”
    Ek gaan nou slaap. Nag, Paul.
    “Kom Marais vanaand”
    Kom, Marais, vanaand
    Kyk na jou skryf- en leesteken gebruik. Veral dat daar ‘n komma voor iemand se naam moet kom soos hier bo.
    Ek het vir jou ‘n boodskap gestuur met die shortcut keys vir leestekens op die sleutelbord. Ek hoop dit help.
    “sy voete”
    my voete (as dit Sharon se voete is en sy’s aan die woord)
    Mal oor Zelda se woordkeuses om haar vurige geaard te wys.

  4. neels

    6 Junie 2016

    Dankie ronel waardeer

  5. neels

    6 Junie 2016

    Dankie ronel ek waardeer Sjoe daardie leestekens maak my kop sing

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 65 gaste aanlyn

Bydrae Totale