Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ZELDA HFSTK 4

Deur neels
Datum gepubliseer: 15 Mei 2016 Aantal woorde: 1580 898 Kere gelees 7

In die drie maande druk Zelda haar stempel op “African Art and Culture af. Die besigheid se omset verdubbel feitlik maar blom die romanse ook. Paul en Zelda loop gedurig en handjies vashou, soene word gesteel en raak die fisiese kontak al intenser.

Zelda word die liefling van almal en is Paul se ouers ook mal oor haar. Dit is die gelukkigste wat Zelda nog ooit in haar lewe was en skryf sy in haar dagboek aan die einde van die drie maande: “Dagboek ek was nog nooit so gelukkig in my lewe nie. Ek is tot oor my ore toe verlief op Paul. Dagboek dit is net die liefkosings tussen ons wat al hoe intenser raak. Dit begin my die mure uitdryf en ek glo vir hom ook die arme man. Dagboek dit is my trouman hierdie”.

Dit is egter ook aan die einde van die drie maande wat daar iets gebeur wat haar hele lewe verander. Oorkant die straat is Vaalbos Meubileerders, Andries Vermeulen se meubelwinkel waar Sharon Verwey werk.

Sharon is n oujongnooi wat al die jare by Vaalbos werk en is dit toe Paul eendag oorstap om bietjie met Andries te gesels wat die stemmetjie in hom fluister: “Paul daar is trekke van ooreenstemming tussen Sharon en Zelda. Kyk mooi”.

Dit is toe hy en Andries in die kantoor sit wat hy sy nuuskierigheid oor Sharon nie meer kan bedwing nie en vir Andries vra wat hy van haar af weet.

Andries frons en vra: “Hoekom vra jy Paul”.

“Dit is al vir my of daar trekke van ooreenkoms tussen haar en Zelda is”, antwoord Paul”.

Andries beskou Sharon aandagtig terwyl sy vorentoe stap om n kliënt te bedien en dan merk hy op: “Paul jy is reg, sy het daardie wiegstappie wat Zelda ook het.
Na al die jare weet ek nie veel van haar af nie Paul. Sy is n geslote boek oor haarself. Ek het haar maar hier gekry toe ek die winkel tien jaar terug gekoop het en bly sy maar in die woonstelletjie hier agter die winkel Sy is egter baie deeglik in haar werk. Sy gaan ook nie uit nie behalwe Sondae stap sy kerk toe. Ek kan my vrou vra om haar te pols maar ek twyfel of sy iets gaan bereik. Sy het al probeer”.

Na n rukkie stap Paul terug en toe hy Zelda aandagtig dophou dat sy vermoede gesterk word dat daar sterk ooreenkomste tussen Zelda en Sharon is. Haar ma was mos destyds opgeneem as Sharon de la Rocha. Kan wees dat sy weer haar nooiensvan aangeneem het of dalk nooit getroud was nie. Die gedagte kom by hom op dat dit nogal ironies sal wees dat Zelda se ma oorkant die straat is maar laat hy dit daar.

Toevallig kom Paul se ouers die Sondag kuier. Paul en sy pa is alleen in die winkel, die vrouens is huis toe om te gaan kos maak, wat Paul dit vir sy pa noem dat daar vir hom tekens van ooreenkomste tussen Zelda en Sharon Verwey is.

Sy pa sit n paaroomblikke ingedagte en dan bars die bom: “Paul weet jy toe ek op Valsrivier stasie was het die spoorweë daardie lyn begin elektrifiseer. Die kontrak was destyds aan n Spaanse firma toegeken en daar was n ingeneur, Manuel de la Rocha uit Spanje uit wat betrokke was by hierdie kontrak”.

Paul se pa swyg n paar oomblikke en gaan dan aan: “Hy het blykbaar die meisie op Arlington ontmoet waar hulle hoofkwartier was en het sy swanger geraak by hom. Haar naam was Sharon Verwey onthou ek nou. Tye was anders daardie jare en was dit n groot skande. Haar ouers het haar weggejaag uit die huis uit en het sy by Manuel in sy karavaan gaan bly”.

“Hulle het nooit tot trou gekom nie en het sy blykbaar na die bevalling net eenvoudig verdwyn. Manuel is ook dadelik deur n ander ingeneur vervang en is hy terug geroep Spanje toe”, sluit sy pa af.

Paul voel lam: “Pa hoe hanteer ek hierdie situasie. Ek sal Zelda daarvan moet sê en ek is net bevrees dat dit alles tussen ons kan beduiwel terwyl dit so goed gaan tussen ons”.

Paul se pa antwoord: “As ek jy is jaag ek nie onnodig spoke op nie.
Jy sal moet doodseker maak of die Sharon Verwey werklik die Sharon Verwey van destyds is voordat jy haar vertel”.

Hulle hoor stemme en is dit Zelda en Paul se ma wat terugkom en kan hulle nie verder gesels nie.

Die res van die dag verloop rustig en is dit redelik laat toe Paul se ouers weer vertrek en word die onderwerp van Sharon Verwey nie weer opgehaal nie.

Die aand sit Paul en Zelda oudergewoonte by die kroegtoonbank en drink koffie saam toe Paul vra: “Zelda die tegnologie het baie gemoderniseer. Dink jy nie ons moet n poging aanwend om jou ouers op te spoor nie”.

Zelda sit haar koppie neer en kyk vir Paul: “Ek stel nie belang nie Paul.ek is gelukkig soos ek is. Jou mense het my ten volle aanvaar en dit gaan goed tussen ons twee. Ek wil nie dat daar nou iets opduik wat alles net kan kompliseer nie”.

Paul besef dat hy nou met n groot probleem sit. Op n manier sal hy dit moet oplos voordat dit vorentoe vanself opduik en dan gaan Zelda hom dalk kwalik neem dat hy dit al die tyd vermoed het maar haar niks gesê het daarvan nie. Dalk kom Andries se vrou iets meer te wete as sy Sharon weer pols.

Maandagmiddag stap hy bietjie oor na Andries toe om te gaan verneem of sy vrou dalk die oggend, toe sy by die winkel was, iets uit Sharon gekry het.

Toe hulle in Andries se kantoor gaan sit val Andries dadelik met die deur in die huis: “Paul Sharon is so toe soos n boek. My vrou het lank met haar gesels maar sy kry niks uit Sharon uit nie maar ek het vir jou n stukkie nuus en nou moet jy stewig sit”.

Andries swyg n paar oomblikke en gaan dan aan: “My vrou het vanmiddag die vorige eienaar se vrou gebel. Hulle het destyds verkoop aan my om n nuwe besigheid by die kus te gaan begin en het hulle nog so af en toe kontak met mekaar”.

Paul voel of hy lam word toe hy Andries asof in die verte hoor vertel: ”Volgens haar het haar man eendag van n veiling afgekom, dit is nou so ses en twintig jaar terug, toe hy die meisie met feitlik niks langs die pad gekry het. Hy het haar opgelaai en het hulle hulle oor haar ontferm. Hy het haar hier laat begin werk en het sy in die woonstelletjie agter die winkel ingetrek”.

Paul voel die aarde onder hom oopskeur en dryf Andries die spyker dieper in: “Volgens Sharon daardie tyd het het sy weggeloop van haar man af omdat hy haar aangerand het. Daar was egter geen merke aan haar nie maar vroumense is fyn in hulle waarnemings.
Sy kon sien dat Sharon baie onlangs geboorte gehad het. Die berigte in die koerante destyds het hulle genoodsaak om Sharon te konfontreer en het sy alles erken. Jy is reg Paul, Sharon is Zelda se ma”.

Paul voel lam: “Hel Andries hoe hanteer mens hierdie situasie. Ek sal Zelda moet vertel want as sy later uitvind ek het geweet en haar nie gesê nie gaan die hel oor my kop losbars”.

Net toe kom Andries se vrou Marinda die kantoor in en gaan sit langs Paul: “En toe wat lyk julle twee so bedruk vandag, kompleet of julle kos afgeneem is”.

Paul voer die woord: “Marinda ons sit met hierdie tamaletjie van Zelda en Sharon. Ons sal hulle moet vertel dat ons weet dat Sharon Zelda se ma is maar hoe gaan ons dit doen? Dit moet gedoen word want as Zelda dit later uitvind en moet ontdek dat ek geweet het gaan die hel oor my kop losbars”.
Marinda skud haar kop en antwoord dan: “Ek dink ons moet by Sharon begin. Ons moet haar vertel dat ons weet dat sy Zelda se ma is en as sy dit erken sal ons vir Zelda moet vertel. Die hel gaan in elk geval losbars maar dit sal oorwaai met die tyd. Ek dink jy moet nou eers terug gaan winkel toe voordat Zelda iets begin agterkom en los Sharon vir my”.

Dit is n diep beswaarde Paul wat terugstap en merk Zelda dadelik op dat daar iets fout is toe hy die winkel instap. Toe hy in die kantoor gaan sit kom staan Zelda hande in die sye bakarm voor hom. Sy is ook dadelik op hom: “Paul wat is hier aan die gang dat jy so lank by Andries was. Julle steek iets vir my weg en die vader weet Paul ek wil weet wat dit is. As ek moet uitvind jy steek iets vir my weg is dit verby tussen ons twee, ek belowe jou dit”.

Paul weet nie wat om te sê nie en al wat hy uitkry is: “Zelda asseblief daar is n vae moontlikheid dat ons weet wie jou ma is, gee net bietjie tyd dat ons seker maak of dit wel jou ma is wat ons van weet”.

Kliënte wat inkom red die situasie vir eers en begin hulle besig raaksodat hulle nie weer kan praat nie.




TEMAS
7 Kommentaar
  1. Anze

    16 Mei 2016

    baie lekker gelees Neels

  2. neels

    16 Mei 2016

    Dankie anze

  3. Arnold

    16 Mei 2016

    Die lewe het nou eenmaal sy verskuilde agendas.

    Goeie storielyn.

  4. Ronel Janse van Vuuren

    30 Mei 2016

    “Paul voer die woord: “Marinda ons sit met hierdie tamaletjie van Zelda en Sharon. Ons sal hulle moet vertel dat ons weet dat Sharon Zelda se ma is maar hoe gaan ons dit doen? Dit moet gedoen word want as Zelda dit later uitvind en moet ontdek dat ek geweet het gaan die hel oor my kop losbars”. Dis herhaling van wat hy reeds gesê het. Dalk eerder: “Marinda, ons sit met hierdie tamaletjie van Zelda en Sharon…” Paul gaan voort om aan haar die situasie te verduidelik.
    “Kliënte wat inkom red die situasie vir eers en begin hulle besig raaksodat hulle nie weer kan praat nie” Verander dalk na: “Kliënte stap in en hou hulle besig. En weg van die plofbare gesprek af.”
    Kyk na jou woordkeuses hier in die klimaks, hulle moet wys dat die situasie enige oomblik kan verkeerd loop. Weereens, ek probeer net help. Voel vry om my advies te ignoreer as dit nie reg voel nie 🙂
    Ek hou van hierdie kinkel in die kabel. Zelda se Spaanse bloed gaan nog lekker warm word en amok maak 🙂

    • neels

      30 Mei 2016

      Ronel baie dankie vir al jou meer as welkom kritiek wat ek eerder as hulp beskou. ek is maar n lekeskrywer en hierdie verhaal is ingeskryf vir die groot skryf kompitisie en ek gaan beslis van jou kritiek gebruik maak

      • Ronel Janse van Vuuren

        31 Mei 2016

        Ek is altyd bly om te help 🙂 Ek sien die hulp van mede-skrywers, al voel dit partykeer asof hulle die werk aanval (niemand hou van kritiek nie), as omgee. Solank dit opbouende kritiek is 😉 Dis altyd lekker om te hoor wat werk en wat werk nie – en hoekom die leser so voel.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 37 gaste aanlyn

Bydrae Totale