Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ZELDA HFSTK 10

Deur neels
Datum gepubliseer: 5 Junie 2016 Aantal woorde: 1579 867 Kere gelees 6

Paul kyk Simon vraend aan en dit is duidelik dat Simon bietjie ongemaklik is maar kom dit tog uit: “Meneer Paul my seun vertel hier is n gang van Soweto wat n robbery beplan. Hulle ry n swart BMW met n GP nommer. Hy sê daar is vier van hulle. Hulle het daar in die Sjebeen gespog hoe maklik die targets hier in Vaalbos is. Hulle kom glo dinge deurkyk”.

Paul voel hy hy lam word. Hier was nog nooit rooftogte nie maar hy weet ook dat dit een of ander tyd moet kom, hulle is te na aan die Rand. Of “African Art and Culture” werklik n belowende teiken is is te betwyfel want die meeste kliënte betaal met n kaart. Andries oorkant die straat is egter n man wat baie kontant in sy plek hanteer.

“Dankie Simon dat jy my kom waarsku het. Hou maar jou ore oop en laat weet my as daar nog iets opduik”.

Terug in die kantoor vertel Paul vir Zelda van sy gesprek met Simon en sluit af: “Zelda ek glo nie hulle sal sommer toeslaan nie. Hulle sal dinge eers kom deurkyk glo ek. Met Charmaine wat more begin sal ons kan sorg dat hier ten alle tye iemand in die kantoor is om die alarm te druk as hier iets gebeur. Ek gaan gou oorstap na Andries toe om hom ook te waarsku dat hulle op hulle hoede kan wees”.

Paul is n hele rukkie by Andries en besluit hulle om mekaar te dek as daar iets sou gebeur by enigeen van die twee besighede. Hulle sal ook die sekuriteits mense in kennis stel om voorbedag te wees op n alarm.

Die middag stop daar n swart BMW voor Andries se winkel. Twee swart manne klim uit en hulle kom oor die straat gestap. Toe hulle die winkel inkom weet Paul dit is hulle en dat hulle kom spioeneer. Hulle drentel n rukkie rond en op n vraag of hy hulle kan help antwoord hulle dat hulle net kyk. Net daarna kry hulle koers en stap oor die straat na Andries se winkel toe. Hulle is ook nie lank daar nie en Paul staan hulle die hele tyd in die deur en dophou. Hy skryf ook die registrasienommer af toe hulle wegtrek.

Terug in die kantoor deel hy sy vermoedens met Zelda wat dadelik daarop aandring dat hulle die polisie in kennis moet stel: “Paul ons weet hulle het dinge net kom deurkyk maar ons moet hulle in kennis stel”, dring sy daarop aan.

Na die oproep na die polisie neem dit nie lank voordat n speurder hulle besoek nie. Hy stel homself voor as sersant Meyer en vertel hy vir hulle dat hulle reeds weet van die bende. Hulle is besig om n klopjag te reël maar dat dit n dag of wat kan vat om so n groot klopjag gereël te kry. Paul oorhandig die registrasie nommer aan hom

“Meneer Marais baie dankie hiervoor. Dit gaan baie help maar ek vermoed dit gaan n gesteelde voertuig wees. Rapporteer asseblief dadelik aan my op my sel nommer as julle nog inligting kry”, sê hy terwyl hy groet en oorstap na Andries toe om met hom te praat

“Wel ek gaan reg wees vir hulle. Ek gaan my geweer vanaand skoonmaak en winkel toe bring”, merk hy op toe hy weer in die kantoor kom.

Zelda is dadelik bekommerd: “Paul ek hou nie van die gedagte nie. Netnou kry iemand seer”, maar toe Zelda die uitdrukking op Paul se gesig sien weet sy sy kan maar los, hy gaan nie van plan verander nie.

Die aand toe hy sy Remington sit en skoonmaak probeer sy hom weer tot ander insigte bring maar Paul wil niks weet nie: “Ek gaan nie dat iemand my beroof nie ek sal vir hom wag, dis nou maar klaar”.

Die Vrydag gaan verby en is daar die hele tyd n stille spanning. Saterdag is die atmosfeer bietjie beter maar dan is dit net voor een toe die swart BMW voor Andries se winkel tot stilstand sleep. Drie deure vlieg oop en drie van hulle storm die winkel in. Een bly agter die stuurwiel sit.

Paul wat dit deur die kantoorvenster sien gryp dadelik sy Remington, druk die alarm, en hardloop deur toe. Toe hy in die deur kom kyk hy vinnig heen en weer maar lyk dit nie of daar voertuie aankom nie, die robots weerskante hou seker die verkeer vas. Hy laat die kruis in die teleskoop dodelik op die BMW se voorwiel rus en dan druk hy die sneller. Die band ontplof met n knal toe die kragtige koeël die band tref en dan bars die hel los.

Die BMW se deur vlieg oop en die bestuurder val tuimelend uit die motor uit, pistool in die hand. Skielik is dit net sirenes weerskante van die toneel en twee polisievoertuie kom skuiwend dwars in die straat tot stilstand met polisie wat uit die voertuie uitpeul.

Vir die rowers word dit te veel en storm hulle skietend Andries se winkel uit. Paul is reeds in die straat en mik op die weghardlopende bestuurder. Toe hy die sneller weer druk vang die koeël hom in die been maar dan word hy neergeslinger met n hou teen die skouer en slaan hy in die straat neer. Een van die rowers het hom getref en raak hy bewus van n geweldige brandpyn in die skouer.

Die laaste wat hy van bewus is voordat hy sy bewussyn verloor is n huilende Zelda wat by hom buk en seker van skok hoor hy haar: “Dit het julle nou van julle cowboys en croocks spelery. Paul Marais as jy vandag doodgaan vermoor ek jou”.

Die ander drie rowers word ook neergevel deur die polisie en dan kom twee ambulanse wat die polisie per radio laat kom het op die toneel tot stilstand. Die paramedici is dadelik by Paul en laai hom op n draagbaar terwyl een hom ondersoek en n drip opsit voordat hy in die ambulans gelaai word wat dadelik met n huilende sirene wegtrek.

Die een paramedikus wat die arm ondersoek het troos Zelda voordat hulle ry: “Toemaar mevrou. Dit is erger as wat dit lyk. Dit is n vleiswond maar hy het baie bloed verloor. Hy sal oorleef”.

Andries en Sharon is dadelik by Zelda en troos haar terwyl n handwringende Charmaine toekyk. Hulle kry Zelda gekalmeer. Toe sy bedaar het vra sy vir Andries: “Andries sluit net vir my, die sleutels is in die boonste laai. Ek wil hospitaal toe gaan om met hierdie cowboy af te reken as hy bykom”.

Toe Paul uiteindelik bykom is die eerste waarvan hy bewus raak die twee meisies wat langs sy bed sit, Zelda en Sharon. Sy arm is dik verbind en die naald met die drip wat in sy arm is is irreterend. Deur die venster kan hy sien dat dit donker is buite. Hy het nie n idée hoe laat dit is nie maar besef hy dat hy al n hele paar uur hier moet lê.

Dit is maar n staatshospitaal en toe Zelda sien hy het bygekom staan sy op: ‘Ek gaan nou n dokter roep om jou te kom ontslaan want in hierdie nes los ek jou nie vannag nie. Ek en ma Sharon sal self na jou gaan kyk by die huis dankie”.

Paul is te swak om homself te verweer en wag maar gelate tot Zelda na n uur met die Kubaanse dokter wat diens doen terugkeer saam met n swart suster.

Duidelik verstaan sy en die Kubaan mekaar nie en wend sy haar tot die suster: “Vra die man om hom te ontslaan. Ek los hom nie hier nie en sal self by die huis na hom gaan kyk”.

Die suster skud haar kop: “Mevrou jou man is nog te swak en moet hier bly vannag”.

Zelda gaan staan hande in die sye voor die suster: “As julle hom nie wil ontslaan nie doen ek dit en julle gaan my nie keer nie. Vra daardie dokter vir n voorskrif vir pyn en wat nodig is, julle mors nou tyd”.

Heftige woordewisseling onstaan tussen die suster en die Kubaan en word hulle skielik stil gemaak deur n man wat die saal binnekom. Hy stel homself voor as dokter Brink en hy wend hom tot Zelda: “Mevrou ek het die koeël uit jou man se arm gehaal. Dit was gelukkig net n vleiswond maar hy het baie bloed verloor”.

Zelda laat nie op haar wag nie; “Dokter ek wil die man huis toe vat. Ek sien nie kans om hom aan hierdie spul se genade oor te laat nie”.

Dokter Brink glimlag: “Mevrou ek neem jou ook nie kwalik nie. Ek sal jou n voorskrif gee wat julle hier by die apteek kan kry en as julle by die huis is sal ek vir hom weer n drip kom opsit, gee my net die adres”.

Terwyl hy die dossier op neem om Paul se ontslag te teken help hulle Paul regop. Hy is nog in sy klere wat hy aangehad het, net die hemp is uitgetrek en n los jurk is oor hom gegooi. Zelda en Sharon help hom uit die jurk uit en in n hemp in wat sy saam gebring het voordat hy in n rolstoel geprop word.

Sharon is vooruit om die voorskrif te kry terwyl Zelda gang af gaan met Paul in die rolstoel.




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Toom

    5 Junie 2016

    ,Paul Marais, as jy vandag doodgaan, vermoor ek jou.’
    Baie mooi; dit rol lekker oor die tong.
    Dankie.
    GvT

  2. Ronel Janse van Vuuren

    27 Junie 2016

    Wow, dit was soos die ou Wilde Weste!
    “twee meisies” eerder twee vrouens siende dat Sharon al lankal nie meer ‘n kind is nie en Zelda na haarself kan omsien.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 214
Kommentaar telling: 1107

Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 24 gaste aanlyn

Bydrae Totale