Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ZAC

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 1 Augustus 2019 Aantal woorde: 518 512 Kere gelees 1

ZAC

Begin honor bright dink ek is swanger; nee kyk… nou die dag was ek belustig vir Wilson toffies; en vandag is dit na ‘n groot, dik sny van ant Dores se: Double thick creamy Madeira cake with extra chocolate shuffles and cunning-wild rum-ambiance (more like ambulance, as jy my vra), kon nooit uitvind wat de dinges ‘n chocolate shuffle is nie?! Maar ek sê nog dis daai verdagte rooibruin bolletjiegoeters
waarmee mens iemand op ‘n kort afstand katswink sal kan gooi. Kadoef! En daar lê Goliat se boetie uit soos ‘n kers verlore vir stryd, volk en Vaderland.
….Ek mis haar. Ant Doris met haar drukkies wat soos Revlon se Charlie ruik en die ketel moerkoffie altyd reg vir drink op die stoof…. “One of these days, DK (dis nou ekke), I’m going to give you the most aweful hiding of your life. And that’s no maybe.” Ek het egter nooit my “most aweful hiding” gekry nie, … Met Dean Martin of old Blue eyes altyd iewerster in die agtergrond aan die sing – I did it may way.
(Miss you, ant Doris, and your double thick creamy Madeira cake with extra chocolate shuffles and cunning-wild rum-ambiance. With all my love; always xxx
Ps…. Give Zac a hug and a kiss from me.)
Sal nooit daai ander lank verby ander aand vergeet nie.
Daai aand toe ekke doodeenvoudig my sitskoene uitgeskop het en dressed to kill in ‘n swartnommertjie tot vrekhoog binne-in ‘n ou boom geklim het om ‘n klein babakatjie te gaan red. ‘n Stomgeslane ant Doris het so met myse hoëhakskoene in haar twee hande gestaan en met die nodige piëteit verklaar: “Dear Lord, please be so kind as to cancel my request for an angel; sorry to have bothered You….. But if the angel’s already on his way, then he might as well take me Home. I’ve seen everything now; I’m ready to die….. Oh yes, and dear Lord, please, keep your hands over that reckless child with the fiery heart. Better still, Lord; enfold her in both your hands –amen…… still say; all she needs is an awefull good hiding; bless her soul.”
Enne… Zacchaeus het ‘n mollige, stout-vriendelike wolkat grootgeword. ‘Hey, little dittle, the cat and the fiddle;’ Zac het hom nou nie juis moeggemaak met gewone katweesgoeters soos boomklim, muisvang of katmeisies se voete onder hulle uitslaan nie. Hoekom sal meneer Luuks in elk geval Kietsie die kat wou wees – dis tog so laasjaar!
Hy het saam met ant Doris tafelkos geëet. Driemaal ‘n week n piering varsroom met ekstra suiker daarin gekry. Saam wireless-kerk geluister en rugby gekyk. En as Dean Martin begin sing het, het Zac homself op die ou radiogram gaan neervlei en met sulke halfslaap-skrefies oë lê en luister – purrrrrrr. Mens sou sweer daai kat het net gelê en wag vir sy hand delivered notice van EMI af! Nou enige dag binnekort.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jy vandag gespam word met engel-handdelivered notices wat jou vertel van God se liefnes vir jou.
©Liza Daniells




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 21

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydrae Totale