Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: wrak

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 8 Februarie 2019 Aantal woorde: 90 276 Kere gelees 1

ver agter rotse
met skerp koppe
wat bedrieglik skuil
lê daar wrakstukke

my duin bied stilte
selfs teen wind se toon
wat in hoë note vibreer
alles in musiek verloën

sing meeue soms in koor
oor veraf deining van smart
vertel deur golwe se breek
oor balke en metaal wrak

selfs strandlopers klink sag
as hul strand afmeet en trippel
opkyk en asof verskrik opvlieg
miskien onthou hul woeste dag

my duin wys ook soms spore
van lankal se gebeure as golwe
met hoogwater spoel en grou

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 641
Kommentaar telling: 100

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 135 gaste aanlyn

Bydrae Totale