Jongste aktiwiteit:

Woudnimf

Sy rinkink in die takke
wat slierte hang uit sy hart
waar die sonstrepe flikker
en die woud uit tart
waar digte bome n tent maak
vir haar verlangende siel
n skuiling waar niemand
haar hart sal verniel

Sy gly met die sonstrale
af tot op die blare se bed
waar die maanlig in die nag, lek-lek
en n ligpoel vorm daarin
waar water strome n kaart maak
vir die voete se trap
n voetpad waar niemand
sommer net kan stap

Sy dans met die sterre lig
tot onder in die lelies se veld
waar die musiek van die woud
haar geheimenis oop delg
waar die klokkies klingel sag en mooi
vir die oor n lied
wat met hartsnare flikflooi
en met die sterre verskiet

Sy is die woudnimf
in n lelieveld
onder sterre hemel
wil sy tyd verswelg
Sy die woudnimf
roep sy liefde in die maan
Sy het sy hart
in die woud verslaan.

2018/01/11




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed