Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal
lê vele wroeggende woordskatte
subtiel oorweeg en uitgesoek
maar heellaas, te lig bevind
voorbeelde van diamant, robyn en saffier
fyn geslyp, afgerond en blink poleer
geklassifiseer as kosbare woordjuwele
geïnspireer deur meesters van weleer
ek wonder of ek ook beskik
oor dáárdie skeppingsvaardigheid
om skoonheid en duursaamheid
in blywende woordjuwele te set
my digtershand óók kunstig kan waag
aan diep gedelfde sielsgedagtes
dit treffend en meesterlik bewoord
en ingrafeer in blywende skatte
om ook beskou te word as woordmaker
soos ‘n Jonker en Marais kunsskatte nalaat
kosbare woordjuwele kunstig versier
om waarde toe te voeg en harte aan te raak.
©Driekie J Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek