Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: wolk

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 19 April 2019 Aantal woorde: 75 185 Kere gelees 3

essensie van lewe
is soos wit skuim soom
waar water reeds sy krag
uitgewoed het en trots afmeet
my duin lê net bokant hoog water
van daar sien ek elke minuut se see
gedagtes vorm soos sepie reekse
elkeen met ‘n lok gedagte
om weer te kom loer
eindelose geduld
soos meeue
sweef oor
blou
deinende see
so is die brein
gekoppel daaraan
brein, waar is jou wolk
waarheen jy telkens
alles stuur

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 584
Kommentaar telling: 82

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale