Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wintersrus

Deur Jessica Venter
Datum gepubliseer: 3 Mei 2019 Aantal woorde: 52 246 Kere gelees 1

wanneer winter stil-stil
met sy ysige miskombers
homself kom tuismaak op my voorstoep
ongevraagd sy ysvingers deur my are vleg
bibber die wêreld kaal onder sy grys baard

sy knieë skuur skurf
oor sy vaal matras
wanneer die yswind
sy skouers met ‘n sneeudeken bedek
vind hy sy wintersrus

©Jessica Venter
03/05/2019




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 89
Kommentaar telling: 4

Ek is gebore in Pretoria en het daar groot geword. My ma was ‘n enkelouer en het my dus alleen groot gemaak. Ek is al 15 jaar getroud. Ons het twee kinders, ‘n seun, Armand en ‘n dogter, Bianca. Ons bly in Randfontein tussen al die mynhope maar dis my tuiste. Ek het sekretarieël geswot by Randfontein Kollege. My man het sy eie vervoermaatskappy, ek doen al die kantoor werk al vir baie jare. My stokperdjies sluit in lees en skryf. Ek doen ook tans ‘n digterslypskool kursus. My passie vir skryf het eers ‘n paar jaar gelede ontpop. Ek het al drie boeke deur Kwarts Publishers gepubliseer. Hulle is beskikbaar in Bargain Books, op Amazon as e-boek asook op Kwarts Publishers se eie webblad. Ek het ook laas jaar ‘n ses maande kursus in kort verhale voltooi deur Die Skryfbesigheid asook deur Liberty University het ek ‘n kort skryfkursus voltooi aan die hand van Karen Kingsbury. Ek is tans besig met ‘n ses maande kursus in die skryf van Romanse aangebied deur Madelie Human.   Ek help by honde rescue, genaamd The Dachshund Haven. Ek doen elke week al hulle facebook plasings en ek hanteer al hulle admin. 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydrae Totale