Jongste aktiwiteit:

Winterbreker (Lente projek September 2017)

Ek is die opbreek van die koue
ná die stille wintergroei,
wat met wonderverf die groue
weer opnuut tot kleur laat bloei.

Ek trippel in my lente-skoentjies
agter verfkwas-feetjies aan;
verby die geur van rooi kalkoentjies
in die skemer van die maan.

En saggies trappend op die grassies
sny kaboutertjies my spoor
na die vaal vergeet-my-nietjies
om weer kleur in hul te toor.

Die aandwind is my tower-perdjie
wat óór die see kan spring
en die reënboog is sy stertjie
te keurvol kleurgestring!

Ek verf die struike, blomme, bome
in kleure alte mooi;
om ook te lewe in julle drome
én die bytjies uit te nooi!

Ja, ek besweer die bitterkoue,
ná die kille Wintergroei;
verdryf met wonderverf die groue
om opnuut tot kleur te bloei.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed