Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Winterbreker (Lente projek September 2017)

Deur Koekekranka
Datum gepubliseer: 18 Oktober 2017 Aantal woorde: 127 430 Kere gelees 7

Ek is die opbreek van die koue
ná die stille wintergroei,
wat met wonderverf die groue
weer opnuut tot kleur laat bloei.

Ek trippel in my lente-skoentjies
agter verfkwas-feetjies aan;
verby die geur van rooi kalkoentjies
in die skemer van die maan.

En saggies trappend op die grassies
sny kaboutertjies my spoor
na die vaal vergeet-my-nietjies
om weer kleur in hul te toor.

Die aandwind is my tower-perdjie
wat óór die see kan spring
en die reënboog is sy stertjie
te keurvol kleurgestring!

Ek verf die struike, blomme, bome
in kleure alte mooi;
om ook te lewe in julle drome
én die bytjies uit te nooi!

Ja, ek besweer die bitterkoue,
ná die kille Wintergroei;
verdryf met wonderverf die groue
om opnuut tot kleur te bloei.




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    29 September 2017

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September – Lente projek 

  2. Carla Visser

    27 Oktober 2017

    Hierdie is bitter oulik! 🙂

  3. IronLady

    11 Desember 2017

    Dit is wondermooi hoe jy beelde met woorde tooi. Wel gedaan!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 90
Kommentaar telling: 458

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 111 gaste aanlyn

Bydrae Totale