WINTERBERG.
Om jou slape klim daagliks witter,
oor jou kruin verweerd die grys.
Teen jou voet het die oggend dou
plek-plek nou, in rypnaalde verkou.
So hopeloos van korte duur
was sy in gloei-oranjé geel –
knus koesterend in jul innig uur,
kon jy jou ‘n ewigheid verbeel.
Weemoedig waai die wind vaarwel.
Herfs is begrawe, getroue metgesel.
In diep rafyn deur gletserpuin
is die kepe om jou mond gesny.
Jou jas hang swaar in swart,
en jou oë stort trane in mere –
wat kristal verys in bitter smart.
MCDb.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
My onderneming was vier kommetare te lewer per week maar met die alleen doel om aan vriende kommetaar te gee (soos ek dit sien). Die doel is dan om so baie te geinspireër om selfde te doen en so digters die addisionele genot van menslike, werklike lesers te gee.’ Winterberg verbeeld en gee die emosies van ‘n winterberg in ‘n nat streek besonders goed dankie!. Die vloei in die vers kan verbeter word om die vloei van die weer beter te volg en so die leser te help