Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Winter se koue hand (Italiaanse Sonnet)

Deur Taai
Datum gepubliseer: 22 Desember 2019 Aantal woorde: 97 52 Kere gelees 3

Kopkantelend skater somer breed
haar lag dans vrolik onbevang
op maat van uitgelate voëlgesang
blommeprag, haar wonderskone kleed
een oggend vroeg kom mis met kraakvars kleed
hy hou haar hand in syne vasgevang
vertel haar van swyende bome se kale belang
vir winter se ontwaking, wagtend gereed

o’ Heer laat ons, ons somerdae behoorlik indrink
laat elke sonstraal oor ons blommeprag skyn
winter word beloof vir ons vir môre gewis
laat ons diep warmte inskink
tot diep binne-in ons harte sodat dit verblindend helder skyn
dan verdryf ons winterdae se koue hand beslis.

© Taai Bonthuys




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 37
Kommentaar telling: 1

Digter, Skrywer en professionele rekenmeester.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 28 gaste aanlyn

Bydrae Totale