Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Winter is nie Wankelmoedig se maat nie!

Deur Kiekies
Datum gepubliseer: 5 Junie 2019 Aantal woorde: 250 177 Kere gelees 2

Winter het knypers van yster. Hy blaas ysige misweer deur sy neusgate. Verf die hemelruim vinnig vol bloupers onweerswolke. Kort voor lank dop hy sy emmers om en val reën in vriesende vlae.

Breek ’n moedige sonnetjie dalk deur, is dit waterig, nes my neus. Gelukkig is my lippe gevoelloos van die koue. My vingers staan stokstyf. Ek druk die boonste en die onderste letters op my toetsbord, gelyktydig raak. Ek trek my nek al dieper in my jaskraag in, maar winter se ys-asem hang ewigdurend om my ore.

’n Besoek aan die toilet, dis waar Winter my martel. Die agt lae klere oormekaar om sy koue kloue af te weer, verseker dat ek vroegtydig gaan. Van al die op en af, op en af, om die klere weg te trek, raak ek pure seesiek. Met die sit slag knyp Winter my tere boudjies genadeloos en wellustig. Onwillekeurig verlang ek na Ouma Ann se gehekelde sitplek kappies, wat pas by die Barbie pop wat oor die ekstra toiletrol hang, sê rok. Na ek die stalaktiet met ’n veeg afgebreek het, moet ek weer op en af, op en af.
In die spieël sien ek die opgepofte Oros mannetjie. Selfs al waai die sterkste woesste swartste Noordwester my onderstebo, sal my lyf vanself weer regop spring.
Winter het selfs vir Bokka, wat sy eie ingeboude verwarmer het, mishandel. Hy tik vandag met sy vingerlose arbeidershandskoentjies. Winter is g’n maat vir ordentlike mense nie. Hy is koud-hartig en wreedaardig.




TEMAS
5 Kommentaar
  1. Anze

    5 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

  2. Ano

    6 Junie 2019

    Goeiste! Watse koue winters het julle? Werk Bokka by die Suidpool? Dalk moet julle effe Noord kuier, dis so heerlik sonnig hierso. D.w.s. as ek nou daardie vinnig kruipende kwaai koue-tande op die tv miskyk!

  3. Riaan Palmer

    6 Junie 2019

    Haha! Dit voel nogal so! 🙂

  4. Toom

    8 Oktober 2019

    Welkom in die klub van afgebreekte vingertoppe, ore . . . en stalagtiete.
    Ek ken hom, daai ys(ter)man.
    Nie treurig wees nie; gou genoeg kom (julle) lente.
    Ek kruip onwillekeurig in die winter in! Oe-aaah!
    GvT

  5. Kiekies

    9 Oktober 2019

    Ai siestog Toom! Ek sien uit na somer, maar dit het nog nie in die Kaap aangeland nie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 49
Kommentaar telling: 568

Stories gebeur met my. Rondom my. Naby my. Al wat oor bly is om dit oor te vertel.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 98 gaste aanlyn

Bydrae Totale