Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Winter in die paradys (Brons)

Deur Palet
Datum gepubliseer: 21 Junie 2019 Aantal woorde: 327 96 Kere gelees 1

Dit was alles mooi, en God het geglimlag toe Hy sien hoe Adam in die paradys lewe…

Vir baie lank het God al gewonder of Hy iemand volgens Sy beeld oor al die diere, voëls en landskap moet aanstel. Iemand wat Hy in beheer kan plaas om leiding te kan neem op die aarde.

Hy was baie tevrede met sy beeld’werk en het met trosts gekyk hoe Adam die paradys bewonder. Adam het baie nuwe dinge ontdek, hy het van vrugte gelewe en kristalhelder water uit ‘n meer gedrink. Hy het homself besig gehou om van die natuur, diere en plante te leer.

Seisoene het gekom en gegaan, lente, somer, herfs en winter. God het gesien Adam kry swaar, daar was amper niks vrugte nie, die bome was dood. Hy het Adam leer jag en om vis te vang, om in hierdie tyd die koue te oorleef. Adam het skuiling gaan soek in ‘n grot, dit was warm daar. Hy het gevlug vir die wind, die donker nagte en skielik het hy baie alleen gelyk. God het dit gesien, Hy het gedink om vir Adam ‘n maat te maak. Een nag terwyl Adam geslaap het, het God een van sy ribbe’bene gevat en ‘n vrou gemaak. Adam was erg verbaas toe hy die vrou by hom sien, sy’t gesê haar naam is Eva.

Die winter het skielik nie meer so alleen gevoel nie, hy en Eva was gelukkig saam. In die nagte het hulle warm teen mekaar geslaap, in die dae het hulle saam kos gesoek. Een oggend het die sneeu soos ‘n wit tapyt oor die paradys gelê, dit was vriesend koud. Kristalle ys het oral gevorm, hulle het vir dae in die grot gebly. God het hulle geleer wat liefde is, en twee harte het een geword.

Toe lente aanbreek was hulle baie opgewonde, die dae was langer en warmer. Hulle was bly die winter is verby, daar was weer lewe in die paradys.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    22 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 355
Kommentaar telling: 349

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

6 Lede, 116 gaste aanlyn

Bydrae Totale