Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Winter Bal

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 13 Julie 2020 Aantal woorde: 76 37 Kere gelees 1

in die ryp lê die veld
oop en plat
kraak wit tussen lyne
wag stywe droë gras
vir ń spel.

uit warm komberse
strek stywe ledemate
na skoon ruik klere
pak die stryd kleed
in selfvertroue ettikette sak.

gras blink teen voete
wat nat spore maak
altwee vertrap
as die stryd ontplof
in die wen gejag.

wit stof vlekke lê
oor uitgespeelde moeë gesig
in die middel ń uitgetrapte hart
wat seer rus
vir môre se spel.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 354
Kommentaar telling: 36

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 57 gaste aanlyn

Bydrae Totale