Jongste aktiwiteit:

WINTER 2019

Winter 2019

dié jaar voel sy tande stomp
sy weste wind se asem sonder sny
sy handevryf se wikkeldansies lomp
sy frons so nors oor ons nog kaalvoet bly

die swaels vergaar maar kry nie koers
die son is lui maar doen sy werk
steeds keer sy skyn die somber floers
word mis en koue weggevlerk

die warmgoed vergete weggebêre
hier waar ons handjies vashou op die stoep
knipoog-groet die maan en sterre
net ek en jy in liefde toegesnoep

© Barbara Smit – 16/06/2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed