Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: willens en wetens

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 9 April 2021 Aantal woorde: 103 45 Kere gelees Hou van


om te slaap
is mos ‘n kuur
vir alle pyn

my duin lê onrustig
wag op die eerste storm
wat willens en wetens kom
wat verloop en aansig
gaan versteur

so versteur gedrag
willens en wetens ook
torring dit gedurig daaraan
is nooit tevrede met iets
wil altyd meer hê

wat is slaap dan soet
selfs dit kan soms weinig
rus vir jou siel bring
lê wakker en tob
begin tweifel

om bewustelik te leef
so asof môre nie bestaan
wat sal wees sal mos wees
is mos willens en wetens
oorgee aan jou lot

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1115
Kommentaar telling: 141

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 80 gaste aanlyn

Bydraes – Argief