Jongste aktiwiteit:

Wilgerboom

Wilgerboom

Ver staan jy ou wilgerboom
maar uit my venster is jy sigbaar
heen en weer wieg jou blare
ver van water is jy gelee.

Soggens loer die son deur blare
pragtig weerkaats die mooi in jou
Snags kom karnallies met tou
en bind hul bed in jou

Tevrede wieg jy heen en weer
want jou stam het rusplek geword
seer kry jy wanneer tak gesny word
om karnallie se las te dra.

Gou gou word hul verwyder
wanneer hul gemors jou ontsier
Hoekom dan net rus in jou
en word jy verder verniel.

Wilgerboom soos die windjie waai
kom mamma Eend en vertoef daar,
Kleine eendjies versorg in koelte
en takkies speel heen en weer.

Tevrede sien ons jou daar staan
met genoeg om elke jongeling
wat daar verby gaan,
hulle vingers deur jou blare te trek.

Weet ons Elsburg se park
is bekend vir sy wilgerboom
Waar elkeen verby gaan
Sonder om jou te mis.

©Louisa van Vliet (Amazon)




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed