Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: wie woon in desperaat

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 28 Mei 2019 Aantal woorde: 116 182 Kere gelees 3

tussen desperaat
en sit en droom op my duin
is daar wye velde van fynbos
op desperaat rus niemand meer
daar is elke oomblik hartseer en pyn
op my duin hoor ek net daarvan en voel
wanneer die hartseer nader aan my vel kom
duisende mense woon reeds in desperaat
dit is ‘n metropool wat stadig ontstaan
stelselmatig uitgebrei na ‘n stad
stedelinge wat sit en ween
oor hul dae sonder seën
snaaks hoe dit kom
saggies een-een
gesneuwel
in moord
inbrake
verkragtings
almal sagte teikens
dan weer weke stil
met sporadiese
moord togte
met die
barbaarse
kruipende raka
se waansinnige
dreunsang
soos hiënas
in die veld
net baie
wreder
en
siek

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 584
Kommentaar telling: 82

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 96 gaste aanlyn

Bydrae Totale