Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wie sal verstaan

Deur Potlood Dief
Datum gepubliseer: 14 Januarie 2020 Aantal woorde: 225 41 Kere gelees 1

Opgedra aan my Pa en twee broers

Wie sal verstaan

Wie sal ooit die hart van ‘n boer verstaan
waar hy stadig kyk hoe alles vergaan,
met ‘n sware, sinkende, stukkende hart
voel hy die natuur en dier se roue smart.

Wie sal ooit die traan van ‘n boer verstaan
waar hy bewoë knielend voor die Here staan,
‘N boer, verouderd van wind, reën en warm son
hy sou die plante water met sy trane as hy kon.

Wie sal die gebroke liggaam van ‘n boer verstaan
waar die hare grys gebleik is en die vel verkoper,
seer lywe, nat van sweet, geskoei deur natuur
om net nog ‘n dag as arme boer te kan verduur.

Wie sal die gemoed van ‘n boer verstaan
waar die hele land net roep ; rand hom aan,
haat, vernedering, minagting en rasisme
terwyl hulle skree; hier is geen kommunisme.

Wie sal die seisoen van die boer verstaan
plant, swoeg, sweet, vasberade uithouvermoë,
sodat net hy kan sê waar kom voedsel vandaan
in terugbetaling ontvang hy net menige betoë.

Wie sal ooit die trots van ‘n boer verstaan
waar hy kom van berg, vallei, vyand en ossewa,
geveg, gebloei, verdedig onder ‘n koue maan
souhy eenman alleen sy volk en land kon dra.

Wie sal die wese van boerwees verstaan
behalwe hy wat in dieselfde skoene staan…

Potlood dief




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    14 Januarie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1
Kommentaar telling: 0

Geniet die lewe met 'n vol glimlag!

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 58 gaste aanlyn

Bydrae Totale