Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Wie is jou Ikoon

Deur Wilfred Funchal
Datum gepubliseer: 17 Junie 2019 Aantal woorde: 1429 124 Kere gelees 1

Wie is jou ikoon?

Dis vroeg oggend, Pieter maak reg om werk toe te gaan, somer is dit beslis nie meer nie en die winter het ook nog nie regtig kop uit gesteek nie. ‘n Koelerige windjie waai en Pieter hoop dat die winter wat op pad is nie te veel skade gaan doen aan gesondheid hierdie jaar nie.
Soos wat Pieter ry in die maalkolk van verkeer skakel sy gedagtes oor na die mense wat hy ken, hoekom ken hy hulle, wie is hulle,wil hy hulle regtig ken of ken hulle hom? Hy besef dat soos wat hy die draaie in die lewenspad geloop het, is baie van die kennisse eintlik maar rolmodelle,dalk ikone. Is ek dan ook ‘n rolmodel? Is ek dan ook ‘n ikoon? Wil almal my ken? Wil iemand my ken? Moet hulle my ken? Hierdie vrae kom onwillekeurig en Pieter se gedagtegang gaan meteens in ‘n rigting wat selfs vir hom half skrik op die lyf jaag.
Ja, dink Pieter, dis waar, van vroegste tye af gaan dit oor ‘n ikoon, rolmodelle, sleutelfigure, sterre, en elkeen hang ‘n ander aan wat sê, dis hoe ek graag wil wees of sal wil wees. Hy dink diep, hoe, wil ek rerig wees? Nee, soos wie wil ek wees, die gedagte kom by hom op, het ek dan ‘n identiteit? Dit maak hom op ‘n manier bang, hierdie identiteit woord, hoe kan ander dan soos ek wil wees, ek moet mos ‘n identiteit hê voordat iemand soos ek wil wees. Wie is ek? Hy skud die gedagtes af en probeer konsentreer op die pad, die verkeer is immers erg en dit verg konsentrasie.
Identiteit! die gedagte wil nou net nie los nie, hy dink maar weer diep, wie is ek, ken die mense wat my sien as ‘n rolmodel my werklik en hoekom sien hulle my so? Dis vrae en vrae wat nou by hom begin spook, hy wil dit afskud, wegvee, uitvee, maar dit bly.
‘n Nuwe gedagte pak hom beet, “Ek dink die mense sien my as eerbaar, nee, hulle sien ek wil graag iets vir ander doen, nee, hulle sien darem ek is hardwerkend, nee, ek is dalk net ‘n goeie mens” die gedagtes begin alweer krap, wat sien mense in my? En hy dink aan die feit dat mense maar net opkyk na hom omdat hy dalk hierdie beeld het van “ek is ………….” Koue rillings gaan af in sy wese as hy skielik besef. Ek is niks.
Die gedagte laat hom met seer gemengde gevoelens, ek is niks, my werk, my klas, geld, roem, eer, my beeld, my identiteit, dit alles is niks. Wat op aarde laat my dan nou vanoggend aan hierdie dinge dink en weereens probeer hy die gedagtes afskud en konsentreer op die verkeer rondom hom. Hy kyk na die snelmeter en besef dat hy dalk bietjie vinnig ry, die snelweg is regtig nie vanoggend so besig nie, dink hy.
Pieter stry hard om nie meer te dink nie maar tog is die volgende en volgende gedagtes daar en hy begin voel dat hierdie niks in die oggend iets beteken vir hom as hy in sy gedagtes die beeld sien van die grootste ikoon wat hy eintlik ken.
Pieter se gedagtes begin rondskarrel as hy die vir ‘n enkele oomblik verwronge beelde sien van die een wat hy sou dink dan die grootste ikoon of rolmodel eintlik moet wees. Hy sien sy ikoon in ‘n gestalte van een vir wie mense hulle gelaat sou verberg, ‘n
gestalte van iemand vir wie selfs God Sy gesig verberg, hy sien hierdie man van smarte, ‘n man wat se liggaam verbrysel is, hulle deurboor Hom,‘n man wat verag is, ‘n man wat verniel en geslaan is, ‘n man wat uitgejou is, hy sien skielik sy rolmodel as die man wat hom, Pieter,’n niks, se krankheid op Hom geneem het, ja hierdie groot rolmodel van my was ‘n man van smarte, Hy het homself gering genoeg geag om met die slegste mense te praat, hy het aan tafel gesit met ‘n tollenaar, hy het selfs met ‘n prostetuut gepraat, hy het Homself die minste van die minstes geag! My rolmodel.
Pieter voel skielik hartseer, nou is daar nie meer keer aan sy gedagtes nie, sy rolmodel, hy sien dit in sy geestesoog, sy rolmodel het homself verneder, Hy het homself laat lei soos ‘n skaap na die slagpale en Hy het geen woord ge-uiter nie, Hy het toeglaat dat mense!! Nou, dink Pieter weer anders, dis ek, mense wat dink hulle is goed, einlik is ek niks, shoe! Skrikwekkende gedagtes wat Pieter nou beleef, hy dink, dit was mense soos ek, wat hierdie ikoon van my krank gemaak het en Hy het die skuldoffer geword.
‘n Motor ry voor Pieter in en met die skrik is sy gedagtegang effe versteur en hy dink, tot hier toe en nie vêrder nie, konsentreer bietjie op die pad, hy ry voort asof hy nie gedagtes het nie.
Dis asof sy se gedagtes begin stil word, hy besef, nee, hy dink, sy gedagtegang is deurmekaar, sy ikoon, sy rolmodel, hierdie verwronge beeld wat nou deur sy gedagtes geflits het… Hy is dan die een wat op die water geloop het, Hy is dan die een wat die siekes gesond gemaak het, Hy is dan die een wat gesê het bring die kindertjies na my toe, Hy is dan die een wat ‘n mens uit die dood kon opwek, Hy is ook die een wat nie twee keer gedink het om die mense wat hy liefhet se voete te was nie.
Hoe kon hierdie ikoon van my so nederig wees en tog so Almagtig.
Pieter se gadagtes word afgelei soos wat die verkeer meer word en snelweë word gewissel. Dit begin nou lig word en uit die hoek van sy oog sien hy die morester en besef, ja, hiedie rolmodel, het self die sterre in die hemelruim gehang en elkeen van hulle getel, Hy weet alles, Hy, weet werklik alles.Hy ken my binneste, my wese.
Pieter kyk in die truspieël, vir ‘n oomblik sien hy homself en hy vra homself die enkele vraag “Ken jy Hom?” Ken jy werklik hierdie rolmodel wat homself verneder het, tot die dood, die dood van ‘n wrede, wrede kruis.
Amper by die werk en Pieter wat in hierdie kort roete net die gedagtes wou afskud, wens skielik dat die pad vanoggend langer kon wees, hy wens daar was meer tyd, tyd om te dink. Nee! ek het klaar gedink sê Pieter vir homself. Waarvoor dan tyd, miskien tyd om Hom te leer ken en Pieter dink hy het die antwoord gekry.
Die vraag was dan eintlik, hoe sien mense my, wie is my ikoon en Pieter weet. Die vraag is nie meer, hoe sien mense my nie of wie is my ikoon nie, maar eerder hoe moet die mense my sien. En hy weet dat die antwoord in sy volgende vraag gelê het. Ken ek Hom?.
Niks, niks, niks flits deur sy gedagtes as hy die laaste kilometer aflê, kon dit die laaste kilometer werk toe wees, is dit nie dalk die laaste kilometer van sy lewe nie, niks, ek is niks, ek moet myself kruisig en niks wees nie, dan moet ek leer om soos my ikoon te wees, ek moet my rolmodel leer ken, meer en meer moet ek my rolmodel navolg en as die mense my sien en hulle vra hoekom. Moet ek net sê……”Ken Jy HOM!!!”

Pieter is pynlik bewus van een meer vraag wat gaan volg, mense is mos nuuskierig en wil atyd weet, Hoe? Waar? Wie? en Wat? daar moet altyd vrae gevra word, sou hy nou die antwoord gee en mooi sê, “Ken jy HOM” gaan hulle verseker vra, “nou wie is Hy?” of dalk maar net “van wie praat jy?” Laaste sekondes voor Pieter by die werk is en nog ‘n dagtaak begin, moet hyself wonder hoe hy die laaste vraag sal beantwoord.
Sal dit dan wees, my ikoon, my rolmodel, dis mos waaroor Pieter begin wonder het, nee! Sal dit wees, my meester, my geneesheer, my verlosser, nee! Pieter dink weer, dan is die antwoord duidelik as hy stop by die werk, en hy dink nog ‘n oomblik na. Eendag sal my lewe ook so stop en ek sal aangesig tot aangesig met Hom verkeer. Wat sal ek vir hulle sê, wie is HY? Dan is die antwoord duidelik, Sy Naam is Jesus Christus, my HEER, my Verlosser, my Ikoon.

Kopiereg © Willy Funchal
1416 woorde
Kort Prosa




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 16
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale