Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Werkloos

Deur Esmari Potgieter
Datum gepubliseer: 28 Mei 2020 Aantal woorde: 103 129 Kere gelees 3

Ginekoloë vang ses kinders ’n dag
Juffrouens neem hulle gou onder hande
Sekuriteitswagte pas hulle op in die nag
Tandartse red altyd weer hulle tande

Moeë ouers vra terapeute vir raad
En skep nuwe moed uit ’n kelner se skinkbord
Boere spit om en jaag aan en span draad
Trokdrywers sorg dat die opbrengs vervoer word

Skoonmakers hardloop om busse te vang
Winkeliers rol snags rond en maak somme
Joernaliste skryf dat die rookseine hang
Begrafnisondernemers troos met grawe en blomme

Ek wens dat ek ook aan ’n gat kon help grou
Maar nou staan ek en vlieë vang in SASSA se tou




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    28 Mei 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2020 – Ek wens dat ek … projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1
Kommentaar telling: 1

Ek is en word steeds nuutgemaak deur die Here en sy Woord, en probeer om dit te reflekteer in my gedigte - 'n stokperdjie waarmee ek maar pas begin het. Ek woon in Pretoria saam met my man en twee liewe honde.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 40 gaste aanlyn

Bydrae Totale