Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wenke by die werk

Deur Palet
Datum gepubliseer: 14 Mei 2019 Aantal woorde: 440 42 Kere gelees 2

Voor jy weet het jy ‘n hele kombuis breekware in jou lessenaar se laai, of ‘n halwe apteek se voorraad soos pleisters, hoofpynpille, handeroom en ‘n houertjie vol grimering. Jou kantoor raak vinnig ‘n tweede huis en jou kollegas soos familie. Net soos familie kan jy hulle nie kies nie, julle vier Kersfees en verjaarsdae saam. Mens moet egter versigtig wees om nog steeds nie te betrokke te raak nie, want eendag wil jy dalk die baas word, wat dan?

Sommige gewoontes kan baie onprofessioneel lyk soos byvoorbeeld:

• Persoonlike lewensdrama
• Laatkom, wees altyd betyds of vra omverskoning wanneer jy laat is
• Morsjors, jou werkomgewing en lessenaar moet altyd netjies lyk
• Los jou selfoon tydens vergaderings
• Probeer maar ten alle tye netjies aangetrek lyk
• En moenie by die werk smous nie

Jou kind se borglys, los dit ook by die huis. Daar is so baie moets en moenies by die werk, kantoor –etiket is baie belangrik om ‘n produktiewe ruimte te skep waar kollegas mekaar respekteer.

Moets:

• Gebruik oorfone wanneer jy na musiek luister
• Skakel jou selfoon se klank af
• Vervang die drukker se papier wanneer dit klaar
• Neem ander in ag ten opsigte van goeie maniere

Moenies:

• Moenie skinder nie
• Moenie jou skoene uittrek nie
• Moenie kos in die yskas vat wat nie joune is nie
• Moet nooit lang gesprekke op jou landlyn hê nie
• Gebruik jou e-pos slegs vir werksake
• Of slaap agter jou rekenaar

Moet nooit vloek by die werk, moet nooit komplimente oor ‘n kollega se voorkoms maak nie. Draai gerus die kraan toe wanneer dit loop, jy sou dit tog by die huis gedoen het. Kultuur- of geslagsverskille, respekteer mekaar se verskille. Vra jou kollegas uit oor hul gebruike en leer van mekaar. Julle sal opbouende verhoudinge ontwikkel en minder misverstande hê.

Hoe hanteer jy konflik?

1 . Die mededingende of konfronterende styl: Jy neem sterk standpunt in en kan selfs ondergeskiktes intimideer. Hierdie styl is bruikbaar in ’n noodgeval of krisis.
2. Die samewerkingstyl: Jy en jou kollega werk saam daaraan om ’n nuwe, beter oplossing te kry, eerder as dat een sy sin kry.
3. Die kompromisstyl: Dit werk vir individue wat gemaklik is met ’n ooreenkoms. Of dis dalk ’n tydelike quick-fix vir ’n ingewikkelde probleem.
4. Die vermydingstyl: As jy ’n hekel aan konflik het, gebruik jy heel moontlik dié styl. Dit kan tot jou nadeel wees as jy noodsaaklike konflik vermy, maar dis soms die toepaslike styl.
5. Die toegeeflike styl: Een kollega gee maklik kop teenoor ’n ander. Gebruik dié styl wanneer dit belangriker is om jul goeie verhouding te handhaaf as om te verskil

MOET KWANSUIS NIE PROFESSIONEEL VOORKOM WANNEER JY EINTLIK ONPROFESSIONEEL OPTREE NIE.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Anze

      Mei 14, 2019

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

    2. Ano

      Mei 17, 2019

      Ek wonder hoeveel mense verstaan nog etiket by die werkplek?

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 333
    Kommentaar telling: 343

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,846 gaste aanlyn

    Bydrae Totale