Titel: Weggeraap
Deur Koos Elsum

O om te wees
te integreer
sonder geraas
of oer knal,
met sagte snork
in stille eenkant.
Weg
van die volle wêreld
hi fi geraas
hoë definisie kleur
vas in plastiek,
drink ons wysheid
uit ń
papier glas.
TEMAS