Jongste aktiwiteit:

weet

om te weet
is erger as om te vergeet
bewustelike wete behels baie
goeie herroeping vermoë van verlede
deeglike insig van vandag se gebeure
uitstekende toekoms verwagting

oor my duin
sluier al hierdie dinge
soms my begrip van weet
en maak my morbied onrustig
om te weet is ‘n gawe van Bo dink ek
nie vir almal beskore nie

soveel dae soveel gedagtes
oor wat regtig naby aan weet is
weet is tog die ongeskonde waarheid
sonder tint of mening – gekleur
sonder wens – gedagtes
ongebreidelde wete

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed