Titel: Wees by my
Deur Palet

wees by my
wanneer die trane rol
sodat my hartseer kan verdwyn
wees by my
omvou my met jou liefde
sodat die storms kan bedaar
wees by my
met die hoepelronde maan in jou oë
sodat my diepste vrese nie na vore kom
wees by my
wanneer my menswees in twee skeur
en ‘n grieselrige stilte op my neersak
”hoepelronde” & “ grieselrige”
“Antjie Krog”
bly by my
wanneer dit reën
sodat my treurigheid klein kan word
bly by my
met die kraal van jou hande
sodat die winde verby my ore waai
bly by my
met jou wit uiltjie
sodat ek kan vergeet van my afsterf
bly by my
wanneer die aarde se onderlyf skeur
en my klein eiland verdrink in die nag.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek
Lees net asb die reels mooi deur:
Reëls:
1. Die aantal lyne en vorm van jou vers mag NIE verskil van die bronteks nie;
2. Jy MOET die bronteks saam jou plasing insluit. Onthou om melding te maak van wie die outeur is;
3. Jy moet twee oorspronklike neologismes skep vir jou vers en dit onderaan jou vers aandui. Jy mag die definisie daarvan ook meld maar dit is nie ‘n vereiste nie;
4. Jy mag enige bronteks gebruik solank dit in Afrikaans geskryf is.
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig!
Palet
Dankie 😊