Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Weegbrug

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 1 April 2020 Aantal woorde: 57 20 Kere gelees Hou van

in koue kaal
lê ń leë staalblad
sonder enige teken
van lewe
langs die pad.

met supermark proviand
geseël in geel bokseile
wag swaar gewig
vragmotors
om geweeg te word.

ma en kind flenter
leë maag teen
die warrelende koue
verby die tonne
proviand.

so kyk ek eerder weg
van geen kos
in duisende geel plastiek
huisies.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 215
Kommentaar telling: 10

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 37 gaste aanlyn

Bydrae Totale