Jongste aktiwiteit:

Water wat lewe

Water is lewe. Ons het al almal die uitdrukking gehoor, en niemand verstaan dit beter as die Kapenaars nie. Hulle het nie te lank gelede nie met die harde werklikheid, besef wat gebeur as die dam een oggend leeg is. Almal besef dat water al hoe skaarser word, dat daar al hoe minder beskikbaar is. Ek is ook seker almal het al gehoor die volgende wêreldoorlog sal oor toegang tot water gaan. Mag dit nooit gebeur nie! Maar waar is al die water heen? Hoekom is dit skielik so min? Dit is iets wat my nou die aand, toe ek nie kon slaap nie, begin pla het. Op skool het ons geleer water kan nou nie regtig vergaan nie, as dit verdamp, kom dit weer oor ons reёn en is dit weer op die aarde. Daar is groot hoeveelhede water in ysvorm in die Noord en Suid pool, en as dit smelt, kom dit in riviere, mere en damme en verdamp dan weer, en as ons dit mors is dit verkeerd, maar dit sal wel tog weer in die waterkringloop soort van uitkom. Reg? So waar is al die water dan. Daar was baie toe ek ‘n kind was. En selfs toe was daar droё dele, woestyne, en brakwater.

Ek besluit om ‘n paar somme te maak. Hier moet ek nou net eers bieg dat ek en wiskunde nog nooit die term “dieselfde” verstaan het nie. Maar hierdie is ‘n eerlike poging. Volgens my “vriendin Google,” was die wêreld populasie in 1968, vyftig jaar gelede en toevalig ook “amper” my ouderdom, 3.5 biljoen mense. Vandag staan ons op 7.6 biljoen. Effens meer as verdubbel in vyftig jaar. My “vriendin” sê die gemiddelde liggaam stoor ongeveer 45L water. Net water wat in die wêreld populasie gestoor word, is nou op van 15.750 biljoen liter op na 315 biljoen in vyftig jaar. Dit is ‘n paar emmers water. Die Gariep is Suid-Afrika se grootste dam, met ‘n vemoё van 3.34 miljoen liter water. Dit beteken daar is nege-honderd Gariep damme se water net in menslike liggame gestoor op die oomblik. En dit word meer. Nou begin ek verstaan hoe beskikbare water minder word. Al die water is nog hier, maar beskikbare water is meer as 300 biljoen liter minder as vyftig jaar gelede. Dit is skokkend, veral as jy nou oploop gaan soos ek en nog somme maak ook. Die mense moet almal eet, en geen kos waaraan ek kan dink, kan sonder water geproduseer word nie. Bewerings word gemaak dat om ‘n hamburger op die tafel te sit, 2400 liter water gebruik. Dink aan die koring, die slaaiblare, die tamatie, die burgerpattie. Sny kaas, pynappel en alles wat ek gemis het. Of die twee sappige steaks op die kole as jy en wie ook al braai? Teen 15500 liter water per kilogram beesvleis, kry die steak nou vir my skielik heel ander waarde. Voel jy nou ook so half simpel oor ons so maklik kla?

Eerlik weet ek nou nie meer wat die redelike prys van ‘n eenvoudige glas water behoort te wees nie, regtig nie. Kom ons kyk gou na ‘n paar water feite. In die Verenigde State van Amerika word daagliks sowat 400 biljoen galon water gebruik. Water kan meer stowwe oplos as enige ander vloeistof, swaelsuur ingesluit. Die vriespunt van water verlaag hoe meer sout daarin opgelos word. Seewater vries eers teen -2 grade. Water weeg omtrent 1 kilogram per liter. Water sit omtrent 9% uit as dit vries. Dit word bereken dat as almal in die wêreld soos die deursnee Europeer leef, ons 3.5 planeet aarde nodig het. 300 Ton water om 1 ton staal te maak. Hoender en bokvleis vereis die minste water om te produseer, kom ons eet meer daarvan? As almal in Amerika net een galon minder water gebruik (4 liter) sal hulle 85 biljoen galon water spaar per jaar.
Dit gee my as christen nuwe perspektief oor wat Jesus 2000 jaar gelede gesê het. Johannes 7:37 en 38, En op die laaste dag, die groot dag van die fees; het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink. Hy wat in my glo, soos die skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Dalk het Hy geweet hoeveel meer treffend sy belofte vandag sal wees. Maar hoeveel meer is die woorde, Lewende water, nie van toepassing in vandag se tyd nie. Om ons mensdom se water nood te vererger, lees ek dat in ons land daar slegs 4% van die totale riool water gesuiwer word. Wat beteken dit? Dit beteken ons is stelselmatig en doeltreffend besig om al ons waterbronne so te besoedel, dat groot dele daarvan nou reeds vir ons verlore is. Dit lyk of ons as mens maar net nie dinge kan reg doen nie. Ons foeter maar alles op waaraan ons raak.

Maar gelukkig is God se water, die Lewende water waarvan hy praat, nie in gedrang nie. Dit is vrylik beskikbaar, gratis en verniet, en dit was alle besoedelende stowwe uit ons siele, sodat ons skoon en verheerlik voor God kan staan. Al wat ons moet doen om dit te ontvang, is, as Hy vandag by jou klop moet jy net vir hom oopmaak. Maak oop en ontvang sy Lewende water in jou lewe. En as jy dit gekry het, deel dit met almal om jou. As jy dit doen sal jy alles wat jou bekommer, in ‘n oomblik omruil in hoop. Ek weet, ek het.

©Vossie




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed