Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: wanneer winter sterf (Brons)

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 25 Junie 2019 Aantal woorde: 68 110 Kere gelees 1

Ek sien die spookasem geur van perske puntjies
hulle koppies opdraai in volle blom.
Voel die warm sang van nuwe vrug
wat die somerson verwelkom.

Fynvlerk bloeiknop balarinas baljaar in die wind.
Ek hoor die witvlek vlerkies van ‘n blommekind.
Ek ruik die roesbruin kleur van die ou kromhout;
proe die heuning in kleure van geel en goud.
‘n Nuwe seisoen wat stilweg ontvou,
In kleurontploffing verdwyn wintergrou.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    25 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 19

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Gebruikers Aanlyn

5 Lede, 157 gaste aanlyn

Bydrae Totale