Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET

Deur TaniaPascheka
Datum gepubliseer: 28 Julie 2020 Aantal woorde: 416 35 Kere gelees 1

WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET

Vandag was ‘n lang dag. Ek hoor steeds die zoem zoem van mens en karre en bouery en gepratery om my, diep binne my verstand. My kop klop skoon van kopseer saam my hart wat selfs vinnig pomp.

Soos gewoonlik op ‘n koue winters namiddag gaan klim ek in die bad saam my amper-tweejarige dogtertjie. Sy is selfs glad nie vandag lekker nie. Ek weet nie juis – is dit nou van haar kiestand wat sny, die loop maag daarby of die verkoue wat sy opgedoen het. Dis haar eerste keer sedert haar geboorte wat sy verkoue het. Die grrr grrr klank is nie lekker om te hoor as sy slaap nie. Veral nie omdat sy klaar sukkel met refluks nie.

Sy is ook moeg, besef ek. Ons altwee is. Pootuit. Boonop sukkel mamma mos met depressie. Bipolariteit nommer twee, wat beteken ek raak nie manies ekstaties nie, maar sukkel goed met diep donker depressie. Ek het my “chill” pille gepop vir die aand, maar duidelik skop niks in nie.

Gewoonlik speel ons. Zia gooi mamma met water in haar gesig en sê “oshoe oshoe mamma”. Ek glo dit is afkomstig van die “shoe Zia” die eerste keer, na skok. Ek sal dit terug doen en sy sal kliphard lag, maar snaaks genoeg – vanaand het sy dadelik op haar mamma se skoot geklim en op die tietie. Ja, ek borsvoed nog my 21 maande oue baba. Ja, ek bederf my kind. Ja, sy is ook ‘n heupsitter. “Babies don’t spoil, food spoils”.

Ek sit met my rug teen die bad, agteroor. Ek maak my oë toe en luister. Ek hoor haar hmmmphh mpha hmmmphh mpha soos sy snak na haar asem deur die drink, die verkoue se kongestie en die borsvoed-sessie. Salig. Dis wat dit is vir beide van ons. Salig. Haar tsk tsk tsk klank soos sy drink en amper aan die slaap raak. Dis duidelik nie net haar ma wat die borsvoed sessie in die warm bad, oë toe met ‘n effe gewieg van kant tot kant – wat die water laat shoes-shoes, so geniet nie. Daar is niks meer intiem as daardie liefde tussen ‘n ma en haar dogter nie.

Ek bid saggies in my kop en vra vir die Here vir Sy teenwoordigheid en krag, vir Sy opdrag van volharding – so deur die moeg en die moedeloos. Daar is waar my hulp en krag vandaan kom. Dit is waar my seestorms tot stilstand kom.

411 woorde




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    29 Julie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 247 gaste aanlyn

Bydrae Totale