Titel: wagtend (Brons)
Deur Elmarie Nienaber Van Kampen
terwyl ek wag
dat jy besluit
of jy my bemin
sal ek liefdesgedigte lees
vaag-bekende liedjies fluit
droom hoe ons gekousde voete
liefkosend strengel
ja dit en nog meer
sal ek glimlaggend verduur
terwyl ek wag
dat jy besluit
of jy my bemin
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek
Elmarie Nienaber Van Kampen
Dankie Anze.