Jongste aktiwiteit:

Waarheen is die wêreld op pad?

ekenaartoerusting en selfone raak al hoe kleiner, maar in die meeste gevalle kan dit ook al hoe meer inligting stoor.

Sommige geheuestokkies is so klein dat jy dit skaars tussen jou vingers kan vashou, tog kan ’n mens ’n magdom inligting daarop versamel.

Die geheuestokkie in die vorm van ’n parmantige Minion op die winkel se toonbank het dadelik haar aandag getrek.

Dit was duurder as waarvoor sy begroot het, maar sy het oë toegeknyp en die geld uitgehaal. Die geheuestokkie se naam was Kevin.

Kevin was dierbaar, met ’n breë glimlag en ’n groot bril. Plastiekhaartjies het astrant regop op sy kop gestaan. Met sy geel lyfie en denimskouerbroek het hy die pad saam met haar gestap.

Sy het Kevin oral saam met haar geneem. Sy het hom in ’n spesiale sakkie in haar handsak gebêre sodat hy nie teen iets moet skraap nie.

Kevin het sy werk baie flink gedoen. Groot hoeveelhede inligting is op hom gestoor. Hy was altyd geduldig. Altyd tegemoetkomend. Altyd wakker.

’n Paar jaar nadat Kevin in gebruik geneem is, het sy een dag gesukkel om ’n dokument oop te maak. Omdat dit nie op haar eie rekenaar was nie, het sy aangeneem dat dit die rede is waarom die dokument haak.

Sy het die volgende week ’n ander dokument nodig gekry en dieselfde ontstellende boodskap het op die skerm verskyn.

Tuis het sy weer tevergeefs probeer.

Eindelik het sy ’n vriend van haar genader. Die probleem was nie die weergawe van die sagteware nie. Ook nie die rekenaar nie.

Die probleem was die geheuestokkie.

Sy het voor haar rekenaar gesit en stil na Kevin gestaar. “Ai, Kevin,” het sy gesug. “Waarheen is die wêreld op pad as selfs jy? korrup raak?”

http://www.netwerk24.com/ZA/Noordkaap/Nuus/knap-kevin-verloor-sy-slag-20170509-2




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed