Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: vuurkoue woorde (‘n interteks van Ingrid Jonker se Bitterbessie dagbreek

Deur Roeline
Datum gepubliseer: 8 Februarie 2019 Aantal woorde: 96 66 Kere gelees 1

vuurvlam koud
sonlag skril
bereik ek ‘n koors
sy woorde is ‘n bitter pil

soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

soek ek na die groot river
om daaragter te skuil
uit elke waterstroom
hoor ek sy beloftes huil

tot in my glashart
gal sy swart swaar
sy ketting blou grou
maak my klaar

tot in my vensterwese
het hy my gebreek
sy traak-my-nieagtig
het my in flenters gesteek

orals waar ek gaan
sien ek sy gloed gil
vuurvlam koud
sonlag skril

Kopiereg: Roeline van Schalkwyk




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 61
    Kommentaar telling: 18

    Ek is 24 jaar oud. Swot my Doktoraal by Stellenbosch universiteit. Skryf, teken, skilder, sport en foto's neem is my passie.

    INK E-formaat tydskrif

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 216 gaste aanlyn

    Bydrae Totale