Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vroudigter

Deur Zebulon Kochk
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2019 Aantal woorde: 124 106 Kere gelees 1

As n vroudigter haar denke
soos duluxprit
op papier kom plak
verskuns in vlietende vaart
neerlê uit die haathoekies van
haar hart,
sal amal sien waarvan sy praat.

Van die oogbegewe – inkdrup
wat haar papier altyd papnat bevlek
haar pen wat in skryf ritsel
en haar woekerende woorde
wat in woede lek.

Tot in die doftonnels van haar hart
beneweld wolke die snelweg
en in n beeld van bibberweer
het deuntjies in haar denke doebleer.

Wie sal tog die dor liedere
van haar hart
minnig kan ontleed
en tåkkiespore sien
wat kunsgeteken lê
op die teerpaaie van
haar teliêreep.

nièmand

Want die vroudigter,
is alleen vasberade
dat al haar dade
n skroêiende onreg is.

Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
11 Augustus 2019




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 39
Kommentaar telling: 21

Woorde bou brue in my lewe.Ek is versottend lief vir gedigte.My gedagte is n kombuis waar die woorde bestandele en my gedigte die recipe .Ek gee aan God die dank vir die ongelooflik talent .Ek glo met Afrikaans kan ons die wereld verander    

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 107 gaste aanlyn

Bydrae Totale