Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vreemde Verskynsels in Gewone Huise

Deur Lorraine
Datum gepubliseer: 22 Mei 2019 Aantal woorde: 910 95 Kere gelees 3

As jy nou die feit dat ek maar, at the best of times, nie so lekker dertig is nie, buite rekening laat is ons huis oor die algemeen gesproke, ‘n gewone huis. In gewone huise gebeur gewone dinge soos mense wat mekaar liefhet, soms gatvol raak vir mekaar, ‘n fit of ‘n tantrum gooi en dan weer in vrede met mekaar saamleef. Ons koop brood en melk soos ander mense in gewone huise. Ons vrek van die hitte in die somer en van die koue in die winter. Ons muf oor naweke voor die TV, ons gaan Sondag oggende kerk toe en eet graag slap tjips. Ons hou van board games en van koek en tert en biltong en musiek. Ons staan op vir werk en skool, doen (meesal) ons bes om als wat gedoen móét word gedoen te kry, bad saans, eet supper, trek ons pajamas aan en gaan slaap. More is dit weer wash, rinse and repeat.
Sien, alles soos gewone mense in gewone huise, maar in ons huis gebeur daar ook vreemde goed. Ek het besluit om ‘n lys te maak van die goed wat vir my so vreemd is:
 Sokkies kom een-een uit die was uit
 Elke ses maande is daar ses kosblikke in die kas sonder lids en ses ánder lids sonder kosblikke
 Daar kom skoon klere uit die was uit – sommerso, vanself klim hulle is die wasbalies in. Om af te lei dat die kinders te lui was en dat die pad tussen hulle hande en die wasbalie korter was as die pad tussen hulle hande en eers op ‘n hanger en dan in die kas, is presies dit: ‘n afleiding (of soos Nuché sal sê: assumazations!) met geen fondasie of gronde nie
 Raas jy oor iets wat iemand al wéér gedoen of al wéér nie gedoen het nie, poep jy teen donnerweer, want daai mens het by die afgestorwenes aangesluit en sal nooit weer ‘n sprak sprook nie!
 Die zombie apocalypse is ‘n groter reality as dat een sterfling in hierdie huis nie na sy laaste loo session geflush het nie, want wie is nou so ‘n vark?! Nee, ek weet nie wie is nou so ‘n vark nie, maar ons is net vier mense in die huis. Oupa is by die werk en ekke weet dit was nie ek nie… maar, soos ek sê, die dooies sprak geen sprook nie! Weird goed wat in ons gewone huis gebeur!
 Wie sou in iedere geval ooit geweet het dat dit so utterly complicated kan wees om die leë toilet rolletjie weg te gooi (in die asblikkie wat neffens die toiletpot staan) en net ‘n nuwe een van die rakkie bokant die rolletjiehouer af te haal en in die leë een se plek te sit? Niemand was anyway die een wat die laaste stukkie papier gebruik het nie. Ek kry partydae sommer lus en ruk die spoeltoilet uit en sit ‘n longdrop agter in die yard laat hulle hulle dingese met sag gevryfde koerant kan afvee. Straks sal hulle dan minder bitch oor die klein dingetjies in die lewe!
 Botter wat in die snikhete hitte van die somer op die kombuiskas gelos word na numerous training sessions oor wat met botter gebeur wat aan hitte blootgestel word – beid tuis en in die wetenskap klas. Needless to say, was nie ek of enige van die kinders se science teachers wat hulle tot hier gehad het suksesvol in die onderrig van hierdie spesifieke onderwerp nie.
 Niemand het nooit niks gedoen nie en almal het altyd alles gedoen: niemand het bv. bogemoemde botter op die kas gelos nie en almal het bv. hulle chores gedoen wat vir sakgeld moet gebeur. Die feit dat die evidence soos die honde se leë bakke en die ongewaste ringe om die bad anders sê, is beside the point!
 Een van die heel weirdste goed vir my is dit: as die kinders uitslaap vertel die maats se maens altyd vir my hoe goed gemanierd en behulpsaam my kinders is. Sulke sweet kinders, gaan regtig uit hulle pad uit om bedagsaam en hulpvaardig te wees. Dan dink: wie de hel het by júlle gekuier? Hier moet ek ‘n Acadamy Award Performance opsit net om die skottelgoed wat hulle laas gebruik het uit hulle kamers uit te kry! However, ek moet in all fairness net sê: hulle is regtig sweet, vriendelik en generally well mannered!
 Asof uit die niet verskyn Tristan se tekkies op ‘n plek waar dit nie hoort nie, of Nuché se hareborsel op die tafeltjie in die ingangsportaal. Seriously, niemand weet hoe dit gebeur nie, want die kinders sweer hoog en laag dat hulle dit met hulle eie hande laas op hulle plekke gebêre het!
 Die hoeveelheid kriminele by skole is skrikwekkend! Daar word daagliks potlode, calculators, haarlinte, uitveërs en dergelike goed van my kinders gesteel, want hulle is nie só losgat met hulle goed dat dit sommer net sal verloor of wegraak omdat hulle dit iewers laat lê het nie!
Maar weird goete, man, weird! Praat ek so met my vriendinne en die maats se maens dan hoor ek dat daar in hulle gewone huise ook vreemde verskynsels is. Daar is selfs ‘n paar goed, soos die sokkies-sonder-maats en die verdwynende kosblikke en deksels wat ek meer en meer agterkom, eintlik baie alledaagse verskynsels is!
Nét vir die record: die feit dat dit in ander huise ook gebeur, laat my níé beter voel nie!




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Riaan Palmer

    22 Mei 2019

    Bly om te hoor dit spook nie net in my “gewone huis” nie… 😉
    PS Ek kan ‘n boek skryf oor daai verdomde leë toiletrolletjies…

  2. Lorraine

    22 Mei 2019

    Ek kan eintlik nog weke lank aanhou, Riaan. Die lys is so lank soos die lewe van Matusalem!

  3. Ano

    28 Mei 2019

    Hahaha! Dit klink presies soos dit ook hier gebeur het. En ergste van als, daar is nou net TWEE inwoners hier, en of die deksels, of die plastiek bakkies raak sommer-maar-net op sy eie weg. Ek dink ook dit spook hier.

  4. Lorraine

    30 Mei 2019

    Ek sê jou mos, Ano… WEIRD!!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 13
Kommentaar telling: 6

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 92 gaste aanlyn

Bydrae Totale