Jongste aktiwiteit:

Vrede in jou Storm

die storms woed hier binne
menigte vol depressie en stres
krane word toegedraai
lewenslustig word baie
nerens vind hul werk

brandstof styg die hoogte in
meer en meer loop met voet
storms woed in hul binneste
vyandskap ontstaan oral
word waargeneem werkloses

kindertjies krepeer in koue
magies huil van die honger
terwyl salaris uitgedoppel
word na meer maar pure verniet
blikaspaai geen geld vir kos

jongmense gryp verkeerd
groepsdruk maak ouers boos
op die strate slaap hul
terwyl gom en dwelms
die oorhand kry verblind

tot keerpunt wil hul nie
want praat jy word jy geskel
arrogansie by die dag
steeds sê Jesus kom na my
ek wil alles vir jou verander

vrede kan jy vind Ek is hier
laat alles in My beheer
ek sal sorg Ek wil jou help
in jou storm laat Ek vir jou
alles waarna jy vra

©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed