Jongste aktiwiteit:

Voor nege(silwer)

Voor nege lê die waak
soos opgerolde drome lukraak
uit ‘n roekelose slaap;
hulle wou iets sê,
kon iets sê-
of siteer,
met ‘n oorvloed beelde vir mondwording;
geweldadig, baldadig, aapagtig onverwagtend-
harlekyn, harlekyn die soete wyn
van ‘n smaakvolle roman
of ‘n mondvol vye;
waarvan die miere nesskop in jou gedagtes
en in oorvloed uit borrel in ‘n slaapelose gorrel:
‘n fonkel-vy die hart bevrug
om nét voor nege
liefs genoeg in ‘n gravitasie geveg,
my spie en hand te lug-my spie en hand voel lig:
ek wil jou springkaan wees
ek wil die buitelyn van liefde raak
ek wil van jou woorde nooit ontwaak
en onder ‘n vyeboom gaap.

©Morné du Preez




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed