Jongste aktiwiteit:

Voor Die Dag Wegsterf

Liefde het die mag
om állés te word.
Die liefde-deel-tye –
raaiselagtig kort.

Geen hartskas-drom
kan daarsonder slaan.
Dit laat een lewe,
nie net bestaan.

Daarom leef jou liefde
met jou een voluit,
en maak die meeste
van jul saamwees-tyd.

Maak van elke dag
‘n liefdesbederf;
en sê “Ek lief jou”
voor die dag wegsterf …

‘n Gedig en foto deur André van Wyngaardt ©
andrevwmusiek@gmail.com
083 712 9081




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed