Jongste aktiwiteit:

Volg die stemme

Sweef verbeelding, in jou ewige vlugte;
reik na die onbekende, onaantasbare,
wêrelde van verlede en hede se lewe;
jy laat my liggaam bewe, vreeslik bewe.

As jy te ver heen wil vlieg verbeelding,
saam met ‘n onding wat hom opdring
terwyl hy sy valse liedere aan jou sing;
onthou, droom kan ook ongeluk bring.

Vlieg dan in jou gebaande sterrevlug,
maar pasop, die werklike sal vernietig;
dis ‘n droom, die onwerklikheid se lig,
en van werklikheid kan jy nie ontvlug.

Moenie te ver vlieg in die onwerklikheid
wat net vyf minute is van die werklikheid;
volg die stemme wat roep, hard en luid,
bly jouself en ryk uit na die Heerlikheid.

07/06/2017 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed