Jongste aktiwiteit:

Volbring

jy was die verskiet van ‘n ster
oor my lewensweg –
‘n ligjaar vêr –
maar ek het vergeet van wens,
en my teleskoop laat staan

tog het die aarde om die son bly draai
en uit die hemele
beland jy in my baan
komeet jy oor my gaan
meteoriet tot in my lewe
bring geskenke op kamele
wysheid en n ander kans
vir droom onder die maan

© Charleine Collins 19 Januarie 2019
Foto: Gerrie Germeshuizen © Januarie 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed